ID-parade nou onseker | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N STAATSGETUIE in Shannon van Vught se moordverhoor ontken hy’t ene Slu in ’n ID-foto-parade uitgeken.Hy beweer ’n cop het hom gesê dit is Slu op die foto en dat hy niemand moet vertel hy is voorgesê nie.Van Vught (23) van Jacksonville word verdink van die skietdood van Johnson Fortuin (28) op 13 Junie 2017 in Gelvandale. Hy pleit onskuldig op ’n moordklag en klagte van die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie. Hy het gister getuig hy het so baie verklarings gemaak dat hy nie weet of hy ’n statement met betrekking tot die ID-parade gemaak het nie. Die getuie het egter sy handtekening herken toe die staatsaanklaer in die saak, adv. Garth Baartman, hom sy verklaring met betrekking tot die ID-parade wys.Hy ontken egter dis sy handskrif op die verklaring.Baartman het toe die verklaring paragraaf vir paragraaf aan die getuie voorgelees.Die getuie het deurentyd aangedui hy verstaan wat die tolk aan hom tolk. In die betrokke verklaring sê die getuie onder meer konst. Xolile Peta het met die ID-parade ’n paar foto’s voor hom geplaas.Die getuie sê voorts in die verklaring hy het ene Slu op die foto’s geïdentifiseer. Volgens hom was Slu een van die skieters. Baartman het die getuie daarop gewys hy het die datum van die uitkenning en sy handtekening by die foto geplaas.Die staatsaanklaer het daarna uit die getuie se verklaring gelees hy is nie beïnvloed om die verklaring te maak nie en hy het dit vrywillig gedoen.Die getuie het gesê: “Ek onthou ek het die verklaring gemaak en die inhoud is korrek, maar ek het nie die man uitgeken nie.“Toe die polisieman die verklaring aan my teruggelees het, het ek tevrede gevoel, want die cop het die ou uitgewys en nie ek nie.” Peta – aan wie die getuie sy verklaring gemaak het – het gesê toe hy die foto’s aan die getuie wys, het hy (die getuie) na Slu gepoint.Volgens Peta het die getuie Slu binne twee sekondes uitgewys nadat die foto’s aan hom getoon is.Van Vught is uit op borgtog. Die saak dien voor regter Glen Goosen.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/id-parade-nou-onseker-20181031

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.