Iemand klop, toe klap skote

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE provinsiale bendetaakspan ondersoek ’n voorval waar ’n vrou gister in die vroeë oggendure in ’n shack in die onderbuik gewond is.Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê gister omstreeks 02:30 was die 23-jarige klaer en sy 22-jarige girlfriend vas aan die slaap in ’n shack agter ’n huis in Kobusweg, Gelvandale, toe daar ’n klop aan die deur was.Die persoon wat geklop het, is ’n cousin van die klaer. Hy is vergesel deur ’n ander man.BeseerVolgens Naidu het die klaer die deur oopgemaak, maar skielik weer toegemaak toe skote buite die shack begin klap het.Sy sê die 22-jarige vrou is in die proses gewond. Die klaer is nie in die voorval beseer nie.Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.Die polisie ondersoek twee sake van poging tot moord.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/iemand-klop-toe-klap-skote-20181002

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.