Inwoners kan votes weerhou | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Inwoners kan votes weerhou | Die Son

SOMMIGE van die sowat 3 000 inwoners van die informele nedersetting McCarthy het gemengde gevoelens daaroor of hulle in die verkiesing gaan stem of nie.Van die plakkers – in die buitewyke van Uitenhage – sê hulle sien nie die nut daarin om te stem nie omdat daar geen vooruitgang met dienslewering is nie.Hul grootste behoeftes sluit in behoorlike behuising, elektrisiteit, toilette en water.BrandVrydag het betogers Kameshweg in Uitenhage versper deur tyres te brand om hul unhappiness te demonstreer.VIR TOEKOMS: Kinders stap ’n ompad om die vlamme gedurende die protesoptog.Foto’s: THEO JEPTHAMarlene Maarman (43), ’n inwoner van McCarthy, het gister gesê dié plakkerskamp is nou al vyf jaar haar tuiste. Sy het bygevoeg sy deel ’n beknopte shack met haar man en vier minderjarige kinders.“Ons kan tog beter doen. Ons soek toilette.“Dan is daar ook net een tap wat almal in die plakkerskamp moet gebruik.”Merlene Norman (53), nog ’n inwoner, het gesê die munisipaliteit wil eerder vir hulle die bucket system inbring.NET EEN BRON: Quanita Bruinders kry ’n gap om haar waterbottels by die enigste kraan op te vul.“Die vlieë en wurms gaan steeds daar wees. Ons ‘sit’ dan klaar op emmers.”Volgens Norman het boosdoeners laas jaar ’n ou antie van McCarthy wat in die bosse ontlas het, oor die kop geslaan.“Ons kan nie lekker ‘sit’ nie, want ons moet heeltyd check vir slange.”Norman het bygevoeg daar is geen behoorlike beligting nie.“In noodgevalle moet ons ons selfone en torches gebruik,” het sy verduidelik.Marius Jacobs, ook ’n inwoner, het gesê: “Ons menseregte word geskend omdat ons in haglike omstandig­hede woon.”Volgens Jacobs het hulle omstandighede ’n negatiewe uitwerking op die jong mense daar.“Die kinders voel minderwaardig.”Jacobs het verduidelik vroue en meisies het beperkte privaatheid wanneer hulle wil was.Volgens hom spot die kinders van die dorp die plakkerskamp se kinders deur hulle toe te snou met: “Julle k*k in die bos!”korbuurt: Die McCarthy informele nedersetting.F: Glenda Eland, wat ook in McCarthy woon, het verduidelik daar is geen enter­tainment­ vir jeugdiges nie.“Jong mense tik maar, want daar is nie werk nie en die kinders wil werk.”Volgens Eland is hulle lewe in gevaar in McCarthy omdat misdadigers gereeld in die bosse daar kom wegkruip.Jacobs het op sy beurt gesê die cops patrol nie eens in McCarthy nie en dit maak dit maklik vir misdadigers om daar te skuil.ErkenVolgens Jacobs was daar al ’n buurtwag in McCarthy, maar dit is toe afgeskiet omdat daar ’n eviction order was.“Ons vra dat die regering ons menseregte erken.”Tyrone Adams, die wyksraadslid vir onder meer McCarthy, sê die munisipaliteit deal met die issue.Volgens Adams vergader hy vandag met die Baaise burgemeester, Mongamele Bobani, en die lid van die mayoral committee vir menslike nedersettings, Andile Mfunda.Kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder, het gesê inwoners moet klagtes oor cops wat nie patrolliewerk in McCarthy doen nie, onder die aandag bring van die waarnemende stasiebevelvoerder, lt.kol. Ian Chetty.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.