Inwoners kla oor jobs by padprojek

Please log in or register to like posts.
News
Inwoners kla oor jobs by padprojek

DIE nuwe projek waarmee die sementpad tussen Oudtshoorn en Calitzdorp opgetel en met teer vervang word, maak inwoners die moer in.Hulle sê baie van hulle mense is oor die hoof gesien met aanstellings.Ronald Meiring, ’n inwoner, kla: “Ons was reeds gekies vir die padprojek en by die bank om ons vorms te laat teken, toe kry ons ’n oproep ons moet maar los, want die projek is vol.”Die inwoners sê net dié wat gesiene kontakte het, kry werk.Steven Douw, ’n inwoner, sê: “Hulle skep nie werk nie. Want diegene wat klaar werk het by CWP en EPWP, kry weer werk.Keur“Ek het nog nooit ’n kans gekry om ook deur die regering in diens geneem te word by tydelike projekte nie. Ons vra net ’n regverdige kans.”Hulle is van mening dat die projek eers gestop moet word en ’n onafhanklike organisasie moet die aansoekers dan keur.Emile Siebritz, ’n inwoner, kla: “En as jy rugby speel, of iemand ken in die raad, of al vir CWP of EPWP gewerk het, kry jy weer ’n job. “As jy maar net by die vrugte werk, moet jy maar struggle om jou naam op die lys te kry.”Ronecia Julies van die projek sê: “Hulle moet ophou om stories op straat te versprei. Waarom kom vra hulle nie vir my nie? “Ek weet van die petisie en ek weet Douw sit daaragter.”

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.