Inwoners moan oor leë beloftes

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

NÁ SOWAT vier maande het die gemeenskap tot die gevolgtrekking gekom dat dit net leë beloftes was.Die inwoners van Vastrap, Booysenpark, in die Baaise noordelike gebiede het gister die punt bereik waar hulle hul frustrasies strate toe gevat het.Die mense soek water, elektrisiteit, huise, toilette en vullisverwydering. Die meeste van die 1 300 inwoners woon al die afgelope 13 jaar in Vastrap en almal wag om huise te kry. Daarom het betogers vanaf 04:00 gister die Bloemendal-hoofpad en dele van Standfordweg toegemaak met groot klippe. Hulle het ook buitebande gebrand en ’n Algoa-bus uitgebrand.Volgens ’n cop van die polisie vir openbare orde (Pop) is ’n bus vol mense gister beroof.Intussen het inwoners van Helenvale gister ook hul betogings voortgesit. Dit is onduidelik wat die oorsaak van die protesaksie is. Kapt. Sandra Janse van Rensburg, ’n polisiewoordvoerder, sê: “Betogers in die Gelvandale- en Bethelsdorp-polisiëringsgebied het die hoofpaaie met brandende bande en klippe versper sedert 06:00 vanmôre (gister). “Pop is ontplooi in dié areas en vyf betogers is gearresteer – twee mans en drie vroue tussen die ouderdomme van 28 en 35 jaar.”WaarskuJanse van Rensburg het bevestig dat ’n bus uitgebrand is. Sy sê Pop sal in die area bly om die situasie te monitor en die rede vir die protes is onduidelik.“Die polisie waarsku die gemeenskap hoewel hulle die reg het om te betoog, hulle dit binne die wet moet doen en nie die infrastruktuur beskadig en paaie blokkeer nie. “Motoriste is aangeraai om gebruik te maak van alternatiewe roetes,” sê Janse­ van Rensburg voorts.Die verdagtes sal vandag in die Gelvandale-landdroshof verskyn. Gister ná 12:00 het verskeie burgemeesterskomiteelede, insluitend Rosie Daaminds (vir paaie en vervoer) en Andile Mfunda (menslike nedersettings) die gemeenskap toegespreek in die Booysenpark-gemeenskapsaal. Die onderburgemeester, Tshonono Buyeye, was ook teenwoordig.’n Inwoner van Vastrap vertel in die vergadering is daar aan hulle verduidelik dat Vastrap in twee gedeel is. Die een deel behoort aan die munisipaliteit en die ander is privaat grond. Daar word glo met die eienaar onderhandel. Die gemeenskap is gevra om vyf komiteelede te benoem sodat die kwessies bespreek kan word. Teen druktyd kon Son egter nie bevestig aan wie die grond behoort nie.Buyeye, Bobani, Mfunda en Daaminds was telefonies onbereikbaar vir kommentaar.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/inwoners-moan-oor-lee-beloftes-20190219

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.