Inwoners wil liewer bly | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Inwoners wil liewer bly | Die Son

SCOTTSDENE se sypaadjie-inwoners skop teen die karre oor hulle nou na containers geskuif gaan word.Die sowat 40 families beweer die konstruksiemaatskappy Calgro wil nou ’n ander kontrakteur, Ikhaya, inbring om ’n tipiese Blikkiesdorp vir hulle te bou.Hiervan wil die mense niks hoor nie en voel dis ’n taktiek wat gebruik word om van hulle ontslae te raak.Ikhaya het die inwoners glo belowe om vir hulle huise te bou. Vandat die inwoners sowat ’n jaar gelede op die sypaadjie ingetrek het, het alle bouwerk stilgestaan.Die inwoners sê hulle verkies liewer om in die leë fletse in te trek as wat hulle geskuif word.Loriaan Croy, een van die “sypaadjie-leiers”, sê die inwoners wil eers bewyse op wit en swart hê voordat hulle sal trek.Croy sê: “Hulle kan nie van ons ontslae raak hier waar ons nou is nie.“Wie sê ons kan daar bly waarheen hulle ons nou wil skuif? Die City kan ons enige tyd daar kom verwyder.”Een van die inwoners, Susanna Marthinus, sê hulle weier om te trek, aangesien die area waar hulle nou gedump gaan word, deur bendes omring word.Marthinus sê: “Die jongens het klaar gesê as hulle nie op die projek kan werk nie, kan ons nie daar bly nie.“Op die ou einde is dit ’n nommerskap, want die gangsters wil ook nou betrokke wees.”Denzil Klaase, verteenwoordiger van Ikhaya, sê toe hulle Donderdag die containers wou opsit, is hulle deur die metro cops gekeer. Klaase sê: “Hulle wil leefbare containers vir die mense opsit.“Ons het ’n meeting met human settlements gehad. Hulle is besig om iets uit te sort vir die mense. Dalk koop hulle die fletse vir die mense.” Ntombo­xolo Makoba-Somdaka, woordvoerder vir die minister van menslike nedersettings, Bonginkosi Madikizela, sê die departement dra nie kennis van beloftes wat gemaak is nie.VerbintenisseMakoba-Somdaka sê: “Die departement weet nie van ’n vergadering waar beloftes van verhuising en die bou van huise aan die families gemaak is nie.“Daar is wel verbintenisse tussen die departement en die leiers van Scottsdene om bestaande projekte oop te sluit en planne te bespreek.”Sy sê verder as enige een, insluitend die 37 families, voldoen aan die vereistes om geakkommodeer te word, sal dit in die bestaande projekte gebeur sodra dit voltooi is.Volgens rdl. Grant Twigg het die ontwikkelaar nie toestemming gehad om die containers op te sit nie.Twigg sê: “Ons kan nie inwoners hê wat die behuisingslyn wil spring nie.“Dis onregverdig teenoor dié wat op die behuisingswaglys is.” min gespin: Dié hokkies staan in ’n ry voor die grênd fletse wat onlangs gebou is.kap ’n paal: Só kamp die inwoners daagliks uit voor hul opgeslaande hokkies. Foto’s:BOHEMIA HOFFMEESTER

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.