Jong ‘killer’ pleit | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

’N JONG man van Jacksonville het gister onskuldig gepleit op onder meer ’n moordklag nadat hy na bewering ’n man helder oordag doodgeskiet het. Shannon van Vught (23) pleit onskuldig op klagte van moord, poging tot moord en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.Van Vught se verhoor het gister in die Baaise hooggeregshof begin.Op 13 Junie 2017 was Johnson Fortuin (28), die slagoffer, besig om saam met twee pelle te stap. Van Vught en nog twee mans het toe in ’n wit Polo in hulle rigting aangery gekom. Luidens die klagstaat het Van Vught en nog een van die mans in die kar vuurwapens in hulle besit gehad. Hulle het na bewering toe op die slagoffer en sy vriende losgebrand. Fortuin is op die toneel dood.Fortuin se vriende het ten tyde van die skietvoorval weggehardloop. Van Vught en sy makkers het ook laat spaander. Dr. Prudent Mgobo, die forensiese patoloog wat die nadoodse ondersoek op Fortuin gedoen het, is die eerste staatsgetuie wat gister by die getuiebank ingeskuif het.Volgens Mgobo het Fortuin vyf gun shot wounds aan die linkerkant van sy kop opgedoen.Een van dié shots het Fortuin se kakebeen deurboor.Volgens Mgobo het Fortuin ook drie gun shot wounds in sy linkerarm. Mgobo het getuig dat dit sy mening is dat die skote afgevuur is terwyl Fortuin in ’n lêende posisie was.“Al die skietwonde is aan die linkerkant van die kop, so die slagoffer was nie besig om te beweeg toe die skote afgevuur is nie,” het hy gesê. Volgens Mgobo het Fortuin op sy regterkant gelê toe die skote op hom afgevuur is.Sers. André Tiervlei van die Gelvandale-polisie het getuig dat hy en sy kollegas die dag van die voorval besig was met patrolliewerk.Volgens hom was dit so skuins ná 12:00 of 13:00 toe hulle ’n call van die polisie se radiobeheer- kamer gekry het oor ’n skietvoorval op die hoek van Kobus- en Beetle- stone-weg.Tiervlei sê toe hy en sy kollegas op die toneel kom, het Fortuin op sy rug gelê. Volgens Tiervlei het Fortuin ’n paar adidas flip flops aangehad en was hy geklee in geel sokkerkouse en ’n ligblou gown.Tiervlei sê lede van die gemeenskap het hom op die toneel meegedeel die slagoffer se noemnaam is JaRule en dat hy lid is van die Dust Lifes-bende. Van Vught is uit op bail.Adv. Garth Baartman kla aan.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/jong-killer-pleit-20181030

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply