Jong leerders kry hul space

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE hoof van die Happydale Training Centre in Gelvandale is in die wolke nadat meer onderrig-ruimte afgestaan is aan leerders in reeds oorvol klasse by dié skool.Happydale is ’n skool vir leerders met spesiale leerbehoeftes.Son het gister berig oor hoe ontstoke ouers­ die skool se hekke gesluit het. Dit is omdat hulle beweer past. Henry Williams van die Ebenezer Holiness Church weier om van die kerk se ruimte aan die skool af te staan.Die skool deel die sentrum met die kerk. Die kerk occupy die voorste deel van die gebou en die skool die agterste deel van die gebou.Gister het die skool se board met die kerk se board vergader om die probleem te bespreek.Michael Mitchell, projekbestuurder by die skool, sê gister: “Ons voel goed oor die besluit. Nou kan ons aangaan met ons werk. Dis die begin van iets.”Mitchell sê omdat daar ’n groot aanvraag is vir kinders met spesiale leerbehoeftes – en aangesien daar nou meer onderrig-ruimte is – gaan die board nou besluit of meer kinders toegelaat kan word. Hy het vroeër aan Son gesê daar’s ’n waglys met 14 kinders se name op.Williams sê by navraag Happydale Training Centre gaan die betrokke vertrek vyf dae in die week gebruik.“Die ooreenkoms is dat hulle (die skool) die vertrek moet netjies maak vir wanneer ons kerkprogramme wil aanbied.”Volgens Williams het 20 van die 92 kinders oorgekom na die nuwe klas­kamer. Die kerk – wat ook ’n kleuterskool bestuur – het die betrokke klaskamer vir oggend-kerkklassies vir die kleuters gebruik.Volgens hom moet die kerk nou ’n ander plan maak.Omdat gemoedere dié week so hoog geloop het, sê Williams die kerk moes maar die knie buig.“Ons het die grootste vertrek vir hulle gegee. Dis meer as genoeg.” Hy wou nie uitwei daaroor of dié move die kleuters negatief of positief raak nie.Williams sê tans weet hy nie of nóg kinders gaan bykom nie.Hy sê op die next meeting – wat op Dinsdag 29 Januarie gehou sal word – gaan onder meer bespreek word of die skuiwe nou ’n permanente reëling sal wees of nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/jong-leerders-kry-hul-space-20190124

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.