Jong man op pad huis toe vermoor

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

NOG ’n jong man het sy lewe in die straat verloor.Dít kom ná ’n skietery in Arcadia in die noordelike gebiede van die Baai. Charl Scheuble is Vrydagmiddag dood nadat hy verskeie kere geskiet is.Scheuble (27) was glo op pad huis toe nadat hy by sy meisie gekuier het.Na verneem word, het die polisie Vrydag 14:15 gereageer op ’n klag van ’n lyk wat in Yellowwood Street in Arcadia lê.Scheuble het verskeie koeël­wonde opgedoen. Die skieters was na bewering in ’n Volkswagen Amarok, het kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, gesê.Lede van die Bethelsdorpse polisietaakspan het dié voertuig later in Esterhuizenstraat verlate gekry. Die voertuig is vroeër die maand by die polisiestasie in Humewood as gesteel aan­gemeld.Volgens Naidu moet die motief vir Vrydag se skietery nog vasgestel word. Intussen ondersoek die polisie ’n saak van moord.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/jong-man-op-pad-huis-toe-vermoor-20190317

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.