Jong ou dood op pad

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N MAN is dood en nog twee beseer toe twee karre gisteroggend vroeg in die Chatty dip op die Uitenhage-pad in ’n ongeluk was. Kapt. André Beetge, ’n polisiewoordvoerder, sê die ongeluk het 06:00 gebeur toe ’n Suzuki Swift van die kant teen ’n Ford Fiesta gebots het.“Die Suzuki het in die rigting van Port Elizabeth gery, terwyl die Ford oor die intersection van Bethelsdorp se kant gery het.Impak“Dit lyk of die Suzuki aan die passasierskant teen die Ford gebots het.“Die impak was so groot dat die Ford gerol het.”Net die bestuurder was in die Suzuki, terwyl twee insittendes in die Ford was. Die 32-jarige passasier van die Ford is op die toneel dood.Die bestuurders van albei motors is na plaaslike hos­pitale geneem vir behandeling.Die naam van die oorledene word weerhou totdat die naasbestaandes in kennis gestel­ is.“In dié stadium is dit onseker wat presies gebeur het. Die Accident Response-eenheid, sowel as speurders, probeer tans om verklarings van ooggetuies te kry,” verduidelik Beetge.’n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/jong-ou-dood-op-pad-20181114

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.