Jongens point wapen op seun

Please log in or register to like posts.
News
Jongens point wapen op seun

’N MA en haar negejarige seun is erg getraumatiseer toe booswigte gister in die vroeë oggend-ure hul voordeur oopgetrap en ’n gun op die laitie gerig het.Selwynessa Uithaler (34) van Shaheed Crescent, Uitbreiding 36 in die Baaise Northerns, sê toe sy gister­oggend 03:00 wakker word van ’n droom, het sy gehoor hoe iemand buite haar naam roep.Volgens Uithaler het die persoon geskree: “Selwy­nessa­, ons weet hier bly nie manne in die huis nie.”Sy sê sy kon hoor hoe die booswigte vroetel om die sitkamervenster oop te kry. Volgens Uithaler het sy opgestaan, die sitkamerlig aangeskakel en onmiddellik die rusbank voor die voordeur geskuif.Sy sê in daardie stadium was haar 19-jarige suster en nog drie minderjarige kinders vas aan die slaap.toegang: Selwynessa hou die geroeste draad vas waarmee die jongens haar venster probeer oopforce het. Foto’s: theo jepthaVolgens ’n vreesbevange Uithaler het sy haar selfoon gegryp en mense probeer bel, maar kon nie een van hulle in die hande kry nie.Sy sê dis toe dat die booswigte teen die voordeur begin trap. Uithaler sê seker so ná die tiende trap het hulle die voordeur oopgekry. Volgens haar het hulle terselfdertyd ook die groot ruit in die sitkamer uit getrap.Uithaler sê toe die voordeur oopgaan, het sy gegil en die jongens begin slaan. Volgens haar was daar vyf jongens. Hulle was nie gemasker nie. Sy sê sy het deur hulle gebeur en na die neighbours oorkant die straat gehardloop.Uithaler sê sy wou nie terug in die huis hardloop nie uit vrees vir die kinders se lewe.Volgens Uithaler het haar negejarige seun, Eli, die commotion gehoor. Sy sê net toe Eli besig was om deur die slaap uit die kamer te stap, keer een van die jongens hom voor.Volgens haar het die jong ’n vuurwapen op Eli gerig, op hom gevloek en hom – at gunpoint – terug na sy kamer gedwing. Sy sê in daardie stadium was al die kinders in die huis histeries. Volgens Uithaler het die boosdoeners op haar neef, Marsell, wat langsaan woon, en nog ander ouens geskiet toe dié hulle agternagesit het. Gelukkig is niemand egter getref nie. Volgens Uithaler het die skelms haar TV en remote gesteel. Uithaler sê wat haar so upset het, was dat sy die polisie se 10111-nommer vyf keer gebel het. Volgens haar het die persoon aan die ander kant van die lyn aanhoudend aan hulle gesê ’n polisievoertuig is reeds uitgestuur.Volgens haar het geen polisievoertuig by hulle opgedaag nie.Sy sê ná 05:00 gister het sy maar self na die polisie­stasie gegaan.Kapt. Sandra Janse van Rensburg, ’n polisiewoordvoerder, het teen gistermiddag laat nog nie op Son se navrae gereageer nie.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.