Jonges geniet vroeë Kersete | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DIE kinders van die Ithem­ba-dagsorg in Windvogel in die Baaise noordelike gebiede het is onlangs lekker bederf.Dít was toe Shoprite spesiaal vir hulle ’n Kersete geborg het.Elke kind het ’n lekker bord kos gekry, met sweets en koek daarna.Melanie Kramer, Ithemba se sentrumbestuurder, sê die kinders het hulle Kersete gate uit geniet.“Hulle was verskriklik opgewonde en het veral die kleurryke koek geniet. Die kinders het Kersliedjies vir die Shoprite-personeel gesing,” vertel Kramer.“Ons hier van Ithemba, die ouers en ál die kinders wil net vir Shoprite bedank dat hulle hulle harte vir die kinders oopgemaak het.”Esmeralda Essex van Shoprite sê: “Greenacres Shoprite het die partytjie geborg. Ons wou iets spesiaals vir die spesiale kinders doen sodat hulle ook die seisoen van vreugde kan beleef.“Ons ondersteun hulle van tyd tot tyd, aangesien die organisasie sukkel om kop bo water te hou. Daar is baie min fasi­liteite vir spesiale kinders in PE.”Dié spesiale skool maak voorsiening vir kinders tussen 6 en 18 jaar oud wat verstandelik, geestelik of fisiek gestrem is.Die skool het altyd onder die organisasie PE Mental Health geval, maar 5 jaar gelede, ná 30 jaar, is hy as ’n onafhank­like organisasie sonder winsmotief (NPO) geregistreer.Dit beteken die skool het baie uitdagings met fondse. Dié geld word onder meer benodig om die versorgers te betaal, die gebou in stand te hou en om die kinders te voed.As enige iemand met donasies aan die skool kan help, kan Melanie Kramer by 082 762 7525 of 041 456 4406 gebel word. Of whatsapp haar by 083 439 0144.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/jonges-geniet-vroee-kersete-20181206

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.