Jou wenke kan saak uit doodloopstraat kry

Please log in or register to like posts.
News
Jou wenke kan saak uit doodloopstraat kry

DIE polisie in Kareedouw het Sonlanders se hulp dringend nodig om die moord op Piet Olifant op te los. Olifant is op 4 Desember vermoor.Sers. Majola Nkohli, ’n polisiewoordvoerder, sê die polisie is 05:00 na die toneel ontbied.In ’n oop stuk veld in Langstraat in Clarkson het die lyk van ’n man gelê. Hy het ’n steekwond aan die nek gehad.Die man is op die toneel uitgeken as Olifant (50), ’n inwoner van Clarkson. Die polisie het ’n saak van moord geopen en verskeie leidrade opgevolg.Nou vra die polisie Son­landers om hulle met die ondersoek te help. Enige iemand met inligting moet AO Bernard Meyer asseblief by 042 288 7128 kontak. Inligting kan ook gratis deurgegee word by die polisie se Stop Misdaad-nommer, 08600 10111.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.