Juff wat klap na ander hof

Please log in or register to like posts.
News
Juff wat klap na ander hof

DIE juffrou wat ’n leerder ’n taai klap gegee het, en die leerder het gister in die Wynberg-landdroshof verskyn.Die saak van Clarissa Venter was net vlugtig en is na 18 April uitgestel. Die leerder se saak is in camera gehou.Intussen het die ma van die leerder gesê sy gaan die onnie en die skool­beheerliggaam na die gelykheidshof sleep oor hulle haar kind se naam swartsmeer.Venter en die 16- jarige gr. 9-meisie is albei geskors nadat ’n video viral gegaan het waarin Venter die leerder ’n taai klap gee oor sy nie die regte boeke gehad het nie en sy op haar selfoon besig was.Dié ma het aan Son gesê die skoolhoof, Ruschda O’Shea, van die larney Sans Souci-meisieskool in Nuwe­land­, het haar glo gevra­ om haar dogter uit die skool te haal.O’Shea het die ma na bewering belowe sy sal dan die klagte teen haar dogter terugtrek.Die ma is glad nie impressed met O’Shea nie en meen sy wil van haar kind ontslae raak.Die ma vaar uit: “Die hoof wil vir my kom sê as my kind by die skool aanbly, sal mense se lewens by die skool in gevaar wees.“Sy sê my kind het die skool se naam deur die modder gesleep. Hoe kan sy my kind blameer as dit nie sy is wat die video laat viral gaan het nie?”Die ma sê die rede hoekom sy haar nou tot die gelykheidshof wend, is oor sy weet die skoolbeheerliggaam het reeds ’n besluit gemaak.Volgens die ma is dit hulle plan om haar kind uit die skool te sit.Sy verduidelik: “Ek is baie teleurgesteld oor hoe die skool die saak hanteer.“Ons is almal grootmense en kon om ’n tafel gesit en dinge uitgewerk het.”KommentaarVolgens die ma is haar kind erg getraumatiseer en is sy geestelik nie op ’n goeie plek nie.Die onnie en leerder sal weer Vrydag in ’n dissiplinêre verhoor verskyn.Jessica Shelver, ’n woordvoerder vir die Wes-Kaapse minister van onderwys, Debbie Schäfer, sê hulle mag nie meer oor die saak kommentaar lewer nie. Shelver sê: “Daar is prosedures wat gevolg moet word. “Ons mag nie kommentaar lewer terwyl die saak ondersoek word en die dissiplinêre verhoor nog nie gehou is nie.”

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.