Juffrou sukkel in job ná rape

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

NÁ HAAR verkragting vind ’n kleuterskool-onderwyseres dit moeilik om met kinders te werk. Sy is nou ook overprotective oor haar eie kind.So het adv. Mark Driman, staatsaanklaer, gister in sy slotbetoë in die Baaise hooggeregshof gesê.Driman het aangevoer omdat die kleuterskool­onderwyseres ná die voorval dit moeilik vind om met kinders te werk, is dit ’n finansiële strain.Hy het gesê in die slag­offer-impakverslag word die trauma wat die klaagster ervaar het, duidelik gestel. Volgens Driman het die beskuldigdes vir die duur van die verhoor geen berou getoon nie.Hulle het ook nie die hof in hul vertroue geneem nie. Driman het onder meer na Donovan Heugh (25) verwys wat die klaagster in die verhoor as ’n leuenaar uitgemaak het.GebloeiVroeër in die verhoor het dr. Tony Moodley getuig die klaagster was gespanne en getraumatiseer terwyl hy haar ná die verkragting ondersoek het.Daar was kneusplekke aan haar geslagsdele en dit was rooi, geswel en teer. Sy’t ’n geel afskeiding gehad en het ’n bietjie gebloei.Moodley het bevind daar was gedwonge vaginale toegang. Hy het verduidelik as dit consensual was, sou sy nie sulke beserings gehad het nie.Die beserings dui op ’n mate van weerstand, het die dokter verduidelik.Die dokter het getuig die penis was verkeerd gerig en dit het skade aan die weefsel veroorsaak. Volgens Moodley het die klaagster vier jaar tevore laas seks met wedersydse toestemming gehad.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/juffrou-sukkel-in-job-na-rape-20190124

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.