‘Jy kan abuse wél oorkom’

Please log in or register to like posts.
News
‘Jy kan abuse wél oorkom’

LUISTER AANDAGTIG: Die inwoners kom leer meer oor hoe ’n mens met abuse moet deal.NIEMAND hoef abuse te entertain nie.Dít was die boodskap by die viering van die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders in Belhar. Talle inwoners het dit bygewoon.Onder die gassprekers was die skrywer Chrizelda Grootboom, Johnny Fredericks, skrywer van Noem my Skollie, en Ellen Pakkies, wat haar tikverslaafde seun in 2007 verwurg het.Die plaaslike raadslid, Johanna Martlow, het in haar openings­toespraak gesê niemand moet iemand anders toelaat om hom of haar te abuse nie.JONGSPAN: Die Hier Kom Ons Drummers van Belhar entertain die crowd.“Jy moet standpunt inneem en sê genoeg is genoeg. Daar is niks normaal omtrent abuse nie.“Niemand deserve dit nie en dit is hartseer om te sien dat veral vandag se jong meisies toelaat dat hulle boyfriends hulle abuse.”Rolene Jaftha het die gehoor omtrent in trane gehad toe sy vertel het hoe twee familielede haar as kind seksueel gemolesteer het.“Ek was so ag, nege jaar oud toe ek deur twee familielede verkrag is en ek kon eers drie jaar gelede dit oorkom.“Maar as jy die Here in jou lewe het, gebruik jy dit wat jou oorgekom het as padkos om iemand anders in ’n soortgelyke situasie te help.OORKOM BAIE: Chrizelda Grootboom (links), Ellen Pakkies en Johnny Fredericks kom deel hulle stories met die inwoners van Belhar.Foto’s: ELDRIDGE JASON“Die oumense het geglo jy moet net orrait wees, maak nie saak wat met jou gebeur het nie.“God het my gehelp om te deal met my bitterheid en anger teenoor my familielede.”Fredericks het op sy beurt vertel een van hulle bure het hom as ’n negejarige seun seksueel aangerand.“Dit het gebeur toe ek op die ashoop rondgeskarrel het op soek na boeke, want ek was nog altyd baie lief vir lees.“Ek wou elke aand my ma vertel van die gebeure, maar ek kon nie. Toe ek haar finally vertel, het sy aan my gesê die oom is eensaam en het sy vrou verloor, maar dat hy ’n goeie man was.“Dít is aan my gesê terwyl my pa smoordronk in die huis gelê het.“As ek lees van mans wat hulle vroue aanrand en vermoor, wonder ek hoekom ons mans dit doen. Dit gaan my verstand te bowe.”SkuilingKonst. Merentia Lucas, ’n lid van die metropolisie, het tips gegee oor hoe om uit ’n abusive verhouding te kom.“Ek noem dit die escape plan. Jy moet in die eerste plek nie gaan skuiling soek by ’n mutual vriend nie, want dis die eerste plek waar hy jou en die kind gaan soek.“Maak seker dat jy ’n gesertifiseerde afdruk van jou en die kind se ID’s op ’n veilige plek bewaar, klere vir minstens twee dae vir julle het en dat jy ook ’n bietjie kontant op jou het,” het sy voorgestel.Mense is ook touwys gemaak oor hoe om vir ’n interdik en ’n beskermingsbevel aansoek te doen.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.