Kds verkrag: Laities bekyk | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus
Kds verkrag: Laities bekyk | Die Son

Update
Port Elizabeth

SOWAT 14 tienerseuns word deur die polisie op Graaff-Reinet ondersoek op 17 klagte van die verkragting en seksuele aanranding van ander minderjarige seuns. Die polisiehoof van die Graaff-Reinet-gebied, brig. Rudolph Adolph, sê die jongste slagoffer is jonger as ses jaar. Verder is die jongste oortreders – na verneem word vyf van hulle – net 13 jaar oud.’n Veertienjarige en 16-jarige word ook ondersoek vir seksmisdrywe, sowel as sewe 17-jariges. Die polisie is nog erg hush-hush oor die presiese details van die vermeende misdrywe. “Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” sê Adolph.Volgens die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se streekwoordvoerder in die Oos-Kaap, Tsepo Ndwalaza, sal die NVG sal eers ingryp wanneer die jeugdiges gearresteer word en in die hof verskyn.“Maar omdat hulle jeugdiges is, het ek ’n sterk gevoel dat maatskaplike werkers betrokke moet wees.”Notizi Vanda, ’n lid van die uitvoerende raad en voorsitter van die gemeenskapsdienskomitee vir die Dr. Beyers Naudé-munisipaliteit, het haar kommer uitgespreek oor die beweerde seksmisdrywe.“As ’n ouer, gemeenskapslid, voormalige onderwyser en raadslid is ek ook bekommerd oor die hoë voorkoms van verkragting. “Daar is sulke gevalle wat gerapporteer word, maar wat van diegene wat nie gerapporteer word nie?”Sy sê die huidige fokus­ is om die hoë vlakke van dwelmmisbruik binne die gemeenskappe te probeer bekamp.“Dit raak die hele gemeenskap. “Ek wens dat ons almal­ kan bymekaarkom en saamstaan teen dwelmhandelaars.”AfgryslikVanda sê daar moet ’n manier wees om hierdie jeugdiges te help en te rehabiliteer.Die organisasie Vroue en Manne teen Kindermishandeling (WMACA) is woedend oor die aantal seksuele aanrandings.Die WMACA se bestuurder vir die Oos- en Wes-Kaap, Joanne Barrett­, sê dit is afgryslik dat daar ’n seksuele aanslag op kinders plaasvind.“In plaas daarvan dat hulle beskerm word, word hulle eerstens wreed mishandel deur die seksroofdiere wat hulle jag en tweedens deur die regstelsel.“Ons vra steeds dat ernstige vonnisse vir hierdie misdade opgelê moet word.”Wat haar erg skok rakende die voorvalle in Graaff-Reinet is dat kinders wat nog nie eens puberteit bereik het nie, betrek word. Barrett beskryf dit as ’n ernstige misdaad wat groot skade veroorsaak. Sy verduidelik die wet bepaal duidelik dat kinders onder die ouderdom van 12 nie kan toestem tot seksuele omgang nie. Barrett sê omdat die wet nie duidelik is oor minderjariges wat ander­ minderjarige verkrag­ nie, maak WMACA daarop staat dat die regstelsel oortreders­ sal laat boet.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/kds-verkrag-laities-bekyk-20181005

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.