‘Kerktoring’ kom nie die mas op nie

Please log in or register to like posts.
News
‘Kerktoring’ kom nie die mas op nie

JARE lank het hulle die kerk in die buurt teen tikkoppe beskerm.Maar toe gee die einste kerk hulle die allerlelikste early Krismis-geskenk: ’n Onaardige selfoon­toring waarvoor geeneen van hulle toestemming gegee het nie.Inwoners van Ligusterstraat in die buurt Forest Heights in Eerste­rivier, Kaapstad, sê die Grace Taber­nacle-kerk het hulle ’n lelike dirty getrek.Desiree Kortrooi sê 1 Desember is ’n datum wat hulle nog lank gaan bybly.“Toe ek my deur oopmaak, toe sien ek hulle is besig om hierdie lelike toring hier op te rig.gevaar: Desiree Kortrooi, wat kanker oorleef het, sê sy vrees vir haar en haar bure se gesondheid. “Ons het navraag by die Grace Tabernacle se pastoor, Gregory Reid, probeer doen en moes toe hoor die projek was al twee jaar in die pyplyn en dat die Stad Kaapstad briewe aan al ons in­woners gestuur het om teen ’n sekere tyd kapsie te maak.“Maar ons het nooit briewe gekry nie. Geeneen van ons nie! Ons het ’n lys van hierdie briewe in die hande gekry en daarop is mense se name­ en adresse wat nie eens van hier is nie.”Kortrooi sê hulle vrees nie net die waarde van hul huise gaan daal nie, maar daar is ook moontlike gesondheidsrisiko’s.“Ek is ’n survivor van kanker en in my straat bly mense met nier­kwale en hoë bloeddruk. “Watter gevare gaan dié toring vir ons gesondheid inhou?“Ons het ’n baie arrogante amptenaar van die Stad gaan sien wat ons vertel het die City het nie eintlik ons toestemming nodig nie.“Die City keur links en regs die oprig van hierdie torings in Eerste­rivier goed. Hier staan al meer as 20 van die goed en die amptenare wat die go-ahead gee, woon nie een in hierdie areas nie.”SkreeAntie Sophie van Wyk bly al meer as 30 jaar in Ligusterstraat en sê sy het nooit kon droom dat Reid en sy kerk hulle só sou treat nie.“Die kerk was aanvanklik ’n wendyhuis en hulle het krag en water van ons af gekry.“Die mense in daai kerk sing nie, hulle skree. Maar ons het dit altyd geduld omdat dit mos ’n kerk is.ons dank: Antie Sophie van Wyk sê hulle het altyd Reid se kerk teen tikkop-inbrekers beskerm.“Ons het selfs die tikkoppe gaan verjaag wat daar wou gaan probeer inbreek, maar dít is nou die dankie wat ons kry.”Om past. Gregory Reid in die hande te kry vir kommentaar, was soos om te soek vir ’n orige stukkie manna wat uit die hemel geval het.Ondanks die fantastiese selfoonontvangs wat hy seker nou kry, het die pastoor eenvoudig nie sy foon opgetel nie.En al het hy Son op Sondag se WhatsApp-boodskappe gelees, het hy ook nie op dié versoeke om kommentaar gereageer nie.Die inwoners beweer verder Reid se kerk score sowat R30 000 per maand vir die toring wat op die kerkperseel staan.MARIAAN Nieuwoudt, die Stad Kaapstad se mayco-lid vir ruimtelike beplanning, sê inwoners het by monde van hul raadslid laat weet hulle is nie hêppie met die oprigting van die selfoontoring nie.Nieuwoudt sê dis g’n waar dat inwoners nie notifications ontvang het nie, want sommige van hulle het op ’n vergadering dié kennisgewings getoon.Sy sê die oprigting van sulke selfoonmaste word genoodsaak deur die digtheid van die gemeenskap. “Hoe meer in­woners daar is, hoe groter is die behoefte vir dié torings .”

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.