Kersaanval eis een en wond twee

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE polisie se provinsiale bende-eenheid stel ondersoek in nadat ’n man op Kersdag doodgeskiet en twee ander gewond is.Die oorledene was Kevin Spogter.Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê die 37-jarige Spogter en sy vriende was op Kersdag om en by 03:45 in ’n huis in Oosthuizenstraat in Arcadia in die Baaise North­erns.Sy sê nadat die voordeur oopgedwing is, het twee on­bekende mans by die huis ingekom en wild op die huismense begin skiet.WeetVolgens die polisiewoordvoerder het een van die verdagtes ’n mes uitgepluk en ’n 25-jarige man in die nek en skouer gesteek.Spogter is in die skietery noodlottig gewond.’n Ander slagoffer (44) is in die kop getref.Volgens Naidu weet die polisie nog nie wie die verdagtes is en of hulle lid van ’n bende is nie. ’n Saak van moord en twee van poging tot moord word ondersoek.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/kersaanval-eis-een-en-wond-twee-20181226

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.