Please log in or register to like posts.
News

AFGEVAARDIGDES van verskeie Wes-Kaapse Khoisan-groepe het Donderdag op Menseregtedag in die Kasteel in Kaapstad byeengekom.Hulle het onder die Queen Itha Legal Symposium gesprekke gevoer oor “die gebrek aan politieke wil van die sentrale en DA-regering in die Wes-Kaap om ons regte te erken”.Hulle sê die Khoisan se regte is ’n jaar gelede uiteengesit in die National Hearing Report on the Human Rights Situation of the Khoisan in South Africa.Ras Bergwater, een van die koördineerders van die sim­posium en die woordvoerder daarvan, sê: “Die Menseregtekommissie het die verslag aan die regering voorgelê en ons wag nog op reaksie van die sentrale én provinsiale regering.”StammoedersHy sê: “Queen Itha (Koningin van Skeba) was die koningin van Puntland, deesdae bekend as die Republiek van Somaliland.“Sy is een van die vier belangrikste stammoeders van die Khoisan-bloedlyne en die matriarg van die Witbooi-Namas.”Op die simposium is die volgende besluit: Aanbevelings in die Menseregtekommissie se verslag oor die Khoisan moet volledig uitgevoer word.Die Khoisan se identiteit moet wetlik erken word.Die Khoisan moet ’n volwaardige nasionale leierskap hê kragtens die Undrip (United Nations Declaration of the Rights of Indigenous Peoples) van 2007 en aanbevelings 7.5.1 tot 7.5.3 van die Menseregtekommissie se verslag.Dít moet gebeur met volle befondsing, personeel, infrastruktuur en statutêre erkenning, soos deur die Nasionale Huis van Tradisionele Leiers bepaal.Ras Bergwater kan by 066 397 3771 gebel word.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.