Khoisan wag by Madiba-beeld | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DIE Khoisan-stappers is nou gatvol gewag.Hulle het vir die tweede keer van die Baai af Pretoria toe gestap.Hulle wil eintlik net die president, Cyril Ramaphosa, se aandag vestig op die Khoisan se pleidooi.Hulle sê hulle sal Krismis ook daar slaap as dit nodig is.Verlede Desember het die Khoisan-stappers die eerste keer die lang pad Gauteng toe aangedurf in hulle tradisionele klere.Hulle het weke gewag om ’n memorandum met vier eise aan die presidensie te oorhandig.Chief Khoisan SaFoto: mlungisi louw/netwerk24Vanjaar kamp hulle weer voor die Uniegebou uit – totdat iemand belangrik na hulle luister. Hulle het in die middel van November daarheen geloop en langs die pad bewustheid gekweek in gemeenskappe oor die Khoisan. Chief Khoisan SA, Ruwayne Thorne, Shane Plaatjies­ en Wayne Botha­ wag van die begin van Desember af by dié gebou, maar sê hulle het steeds geen terugvoer ontvang nie.“Eerstens wil ons as die Khoisan eerstenasiestatus geniet. Tweedens wil ons hê die term ‘coloured’ moet geskrap word. “Derdens wil ons hê die regering moet die datum van grondeise, wat van 1913 af strek, skrap omdat die Khoisan al voor daardie tyd grond besit het. “Vierdens wil ons hê die taal Khoekhoe-khoewaad moet as die 13de amptelike taal van Suid-Afrika ingestel word,” het Chief Khoisan SA verduidelik.geduld: Die Khoisan wag nog heelpad by die Uniegebou op president Cyril Ramaphosa.Foto: morapedi mashashe/daily sunVerlede jaar het Rama­phosa beloof om ’n taakspan aan te stel om die saak te hanteer, maar die stappers het nie verder iets daarvan gehoor nie.“Tot nou het niemand ons kennisgewing kom ontvang nie. “Die enigste mense wat hierheen kom, is die polisie wat kom kyk of ons nog reg is daar onder by die Mandela-standbeeld met ons tente.”Khoisan SA sê die president was intussen by die Uniegebou, maar het hulle nie kom ontmoet nie.ondersteuning: Daar het intussen ander Khoisan aangesluit by die vier stappers wat uitkamp by die Uniegebou. Foto verskafHy sê voorts as dit nie vir die goedheid van die mense was wat die Uniegebou besoek­ en kos vir hulle gee nie, sou hulle vergaan het.“Hoe kan dit wees dat die president en regering niks dink van die inheemse volk nie, maar tog is ons beeldjie en taal op die landswapen?“Dit laat ons voel die regering, wat aan die wêreld verkondig dat hulle omgee, doen dit glad nie. “Ondanks alles is ons bereid­ om by die Uniegebou te bly totdat die president kom.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/khoisan-wag-by-madiba-beeld-20181217

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.