Kid (15) sê eie uncle is orig

Please log in or register to like posts.
News
Kid (15) sê eie uncle is orig

HY NOEM haar sy “Bokkie-oë” en wys met sy hande hoe hy haar gaan oulik doen.So vertel die ontstelde ma van ’n skraal 15-jarige laerskool­meisie in Calitzdorp oor ’n volwasse man.Wat die saak vererger, is dat die vermeende vroetelpappie die kind se oom is.“Ek is al bang vir die oom,” kla die meisie.Die ma vertel: “Ons is familie. Maar hy bly die kind sy ‘Bokkie-oë’ noem en hy bly haar drukkies gee.“Maar toe sy vir my sê hy vat aan haar borste, was ek bef*k. Ek het dadelik die polisie gebel.“Dit was nie die eerste keer nie, en sy is nog ’n blote kind.”Die ma is nou ook beneuk daaroor dat die polisie – so beweer sy – nie die man toegesluit het nie.Sy sê: “Die speurder het vir hom gesê hy sal sorg dat hy los kom – ek het dit gehoor.“Toe word ons nog gedreig om die saak terug te trek, want hy is nou uit op borgtog.”Die ma beweer die cops het gesê sy moet die saak terugtrek en liewer ’n interdik reël.Die meisie voeg by: “Die speurder het gesê ek het klaar geteken dat die saak teruggetrek moet word.“Ek weet nie waarvoor hy my laat teken het nie, maar ek het gesê ek gaan voort.”Kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder sê die man ís eers gearresteer.Pojie sê die ouers het toe later gesê die kind het “drukkies” misverstaan.Volgens hom het albei ’n terugtrekkingsverklaring onderteken, maar die ma sê die cops lieg.

Reactions

Nobody liked ?