Kid met unieke laggie gegroet

Please log in or register to like posts.
Nuus
Kid met unieke laggie gegroet

Update
Port Elizabeth

verpletter: Lionel Peterson en Sharon Williams, L-Jay se pa en ma, treur oor sy dood.Foto’s: theo jepthaL-JAY Shaydon Peterson, wat sowat twee weke gelede deur ’n noodvoertuig in Standfordweg doodgery is, is Saterdag in sy seuns­brigade-uniform ter ruste gelê.In sy nege jaar op aarde het hy die harte van talle mense geraak.Saterdagoggend toe finaal van hom afskeid geneem is, is ’n bewys hiervan.Die Bethelsdorp United Congregational Church in Windvogel in die Baai was vol rouklaers.Voordat almal na die kerk vertrek het, het sy geliefdes bymekaargekom in Kobusweg, Gelvandale, waar L-Jay se ma, Sharon Williams, woon.TOTSIENS: L-Jay se vriende dra sy kissie uit sy ouerhuis.L-Jay se pa, Lionel Peterson, en sy vrou, Susan, woon in Algoapark.L-Jay was baie geheg aan sy ouers en andersom.In ’n huldeblyk is L-Jay beskryf as ’n liefdevolle, gehoorsame en gedissiplineerde seun.Hy het ’n unieke lag aan hom gehad en hy het ook mense om hom laat lag.Die speaker van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, Buyelwa Mafayi, het ook die diens bygewoon.LEWE KORTGEKNIP: Familie, maats en geliefdes groet L-Jay Peterson Saterdag finaal.Sy het trooswoorde aan die geliefdes gebring. Queenie Pink, die burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese ontwikkeling, en Marlon Daniels, ’n raadslid, het swaar aan hulle trane gesluk.L-Jay is by die Papenkuil-begraafplaas ter ruste gelê. Sy ouers het vroeër aan Son gesê hulle het gereeld saam dinge gedoen en games­ gespeel.L-Jay en sy ouers het nog opgewonde beplan aan sy 10de verjaardag, wat op 25 September sou wees.musiek: Die kerk se seunsbrigade speel hul instrumente in Kobusweg, Gelvandale.Hy en sy maatjies sou self vleis braai, terwyl die volwassenes chill.OorgesteekOngelukkig is sy lewe kortgeknip ’n week voordat hy dit kon vier.L-Jay was ’n gr. 3-leerder aan die Primêre Skool Republiek.Toe hy ná skool op pad huis toe was, het die noodvoertuig hom getref terwyl hy Standfordweg oorgesteek het.MEDELYE: Die Bethelsdorp United Congregational Church in Windvogel was Saterdagoggend stampvol.Die munisipaliteit het gehelp om van die begrafniskoste te dek.L-Jay word oorleef deur sy ouers, broers, susters, ouma en ’n breë familiekring.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/kid-met-unieke-laggie-gegroet-20180930

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.