Kids betaal vir die sondes van owners

Please log in or register to like posts.
News
Kids betaal vir die sondes van owners

VAT jou goed en trek, Kumnandi.Volgens Estella Cookson, hoof van die Kumnandi-kleuterskool in die Strand, het die plaaslike Morawiese Kerk gesê die crèche moet lines. Nou weet hulle nie wat hulle te doen staan nie.Kumnandi is op die perseel van dié Morawiese kerk geleë en huisves 45 kinders uit hoofsaaklik arm gemeenskappe. Kinders van ses maande tot ses jaar oud kry hier skoolvoorbereiding.Volgens Cookson het die vorige eienaar van die crèche nie haar deel van die munisipale rekening betaal nie.Dít het gemaak dat die kerk se water afgesny is. Daarna was die gort gaar, vertel Cookson.Grasie“Ons het begin om maandeliks die agterstallige munisipale rekening te betaal, maar op 7 Desember laas jaar het die kerk gesê ons moet teen 31 Desember van hul grond af wees. Dít nadat die crèche nou al 12 jaar hier staan.wat van hulle? Kinders uit meestal arm gemeenskappe kry onderrig by Kumnandi. “Om in Desember so ’n notice te kry maak dinge nogal moeilik, want waar kry jy dáái tyd van die jaar ’n alternatiewe plek?“Ons het vir die kerk gevra om ons drie maande grasie te gee, maar hulle wil niks weet nie en wil nie met ons negotiate nie.”Cookson sê finansies staan tans breed in hul pad as dit by die uitkyk vir ’n ander plek kom.“ ’n Plek waarna ons gaan kyk het, vra R15 000 ’n maand. Waar moet ons sulke geld kry?“Aan die einde van die dag is dit ongelukkig die kinders wat daar­onder gaan ly. leeg: As die Morawiese Kerk in die Strand (in die agtergrond) sy sin kry, is die kinderstemmetjies een van die dae stil by die crèche. “My kop is al suf gedink aan ’n oplossing, maar ek weet regtig nie wat om te doen nie,” sê ’n moedelose Cookson.By Son op Sondag se besoek was die kleinspan hard aan die werk onder leiding van hul onderwysers.Son op Sondag het die Morawiese Kerk van Suider-Afrika om kommentaar genader, maar eerw. Godfrey Cunningham, president van die Morawiese Kerk, sê hy kan nie in dié stadium oor die saak kommentaar lewer nie.“Ek het die navraag verwys na ons publikasiekomitee en wag nog op hul terugvoer,” het Cunningham verduidelik.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.