Kids bly weg uit die skool

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

HULLE kan nie skool toe gaan nie en nou word hulle hul reg op onderwys ontsê.Kinders van die Dias-plaasskool en hul ouers het Dinsdag ’n vreedsame betoging gehou op die Kragga Kammapad naby hul woongebied, die informele nedersetting Grogro.Die kinders en ouers het met plakkate langs dié pad gestaan en betoog vir skoolvervoer.Die skooltjie is geleë in Theescombe, sowat 15 km van Grogro af, en die ouers sê dis te ver vir hul kinders om te stap.Renee Hoffman van die organisasie Charity Projects PE verduidelik: “Van die Dias­-plaasskool word 58 kinders gesubsidieer vir skoolvervoer en 50 nie.“Die taxi’s is bekommerd oor oorlading, want hulle kan beboet word.“Dit is die ouers se grootste vrees dat hul kinders nie kan skool toe gaan nie. Dié families is arm en die stelsel faal hulle.”G’N OPVOEDING: Tientalle leerders van die Dias-plaasskool het nie vervoer skool toe nie en moet daarom by die huis bly. Hoffman sê sy help ook om kinders sonder geboortesertifikate te laat registreer op die onderwysdepartement se stelsel.As hulle nie geregistreer is nie, kan hulle nie skoolvervoer kry nie.Meisie Adoons, ’n inwoner, het twee kinders by Dias. Sy sê hulle ondervind eintlik al van vroeg verlede jaar vervoerprobleme.“Omdat my kinders nie gratis skoolvervoer het nie, moet ek maandeliks R120 vir taxi fare betaal.“Maar soms kla die taxidrywers dat hul taxi’s nie oorlaai kan word nie en dan sit ons kinders by die huis.”Mandisa Manqana, ook ’n inwoner, het een kind in Dias.Sy sorg en betaal ook vir haar suster se drie kinders, wat ook daar skoolgaan.GESTRAND: Lulonke Kayi soek skoolvervoer omdat hy graag klasse wil bywoon.“Ek voel glad nie goed hieroor nie, want die kinders skryf vandag toetse en my kinders mis nou uit.“Ek is veronderstel om by die werk te wees en het vir my baas verduidelik dat daar probleme is met my kinders se vervoer.Dias is die naaste skool aan Grogro.Manqana sê soggens laai net drie taxi’s kinders op en altesaam 44 kinders word dan nie vervoer nie.ToekomsSusan Bester het twee kinders wat by Dias skool loop.“Ek voel ongelukkig. Die kinders skryf vandag toetse en opvoeding is hul toekoms.“Ek sukkel al hul hele skoolloopbaan om vervoer vir hulle te kry.”Mali Mtima, woordvoerder van die Oos-Kaapse onderwysdepartement, het gesê hy gaan ondersoek instel, maar kon teen druktyd nie kommentaar lewer nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/kids-bly-weg-uit-die-skool-20190312

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.