Kids in pyn ná maat se moord

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

HY WAS ’n goedgemanierde, gehoorsame kind en het altyd vir sy maatjies lekkers en koeldrank gekoop.Dít is hoe sy juffrou en klasmaats by die Primêre Skool Republiek die vermoorde Ruan Willemse (8) van Booysenpark sal onthou.Gisteroggend was Ruan se maatjies in rou gedompel nadat hulle gr. 2-juffrou, Rozuan Luiters, die hartseernuus met hulle gedeel het.OopgeskopRuan en nog ses mense is Vrydagaand raak geskiet in ’n huis in Capuletstraat, Booysenpark.Volgens kol. Priscilla Naidu­, ’n polisiewoordvoerder, het twee gewapende mans Vrydag om en by 21:20 die huis se deur oopgeskop.NETJIES: Delnevo Brouwer (voor) en sy klasmaats wys hoe Ruan Willemse altyd die boonste knoop van sy skoolhemp vasgeknoop het. Foto’s: DEON FERREIRADie verdagtes het toe ’n 26-jarige man genader en ’n goue ketting van sy nek afgeruk.Twee selfone is ook gesteel.Die aanvallers het glo hierna op die mense in die huis losgebrand.Ruan en Deacon van Rooyen (16) is op die toneel dood.Saterdagaand het Chadwin Calvert (17) in die hospitaal aan sy wonde beswyk.Die ander vier victims is hospitaal toe geneem vir hulle skietwonde.Naidu het gesê die provinsiale georganiseerde-misdaad-ondersoekeenheid in die Baai ondersoek sake van moord, poging tot moord en gewapende roof.SKOOLWERK: Dit is wat Ruan Willemse Vrydag nog in sy “slimword-boekie” geskryf het.Die killers loop nog vry rond.Luiters het gesê Ruan het in Maart by Republiek begin skoolgaan nadat sy gesin van die Wes-Kaap af hierheen verhuis het.Hy was ’n uitblinker en het in die tweede kwartaal die top-10 van sy graad gehaal.Toe Luiters die nuus aan haar klas gebreek het, kon hulle dit nie glo nie en sommige leerders het emosioneel geraak.Hulle het ’n hartvormige rooi boksie op sy tafel langs sy huiswerkboeke gesit en kerse aan die brand gesteek.“Die eerste ding wat ek van Ruan agtergekom het, is dat hy opreg en nederig was. Hy het altyd geluister en sy beste gegee,” het ’n hartseer Luiters gesê.Sy het bygevoeg haar leerders is soos haar eie kinders, en so ook was Ruan.“Ruan het altyd met ons gedeel en vir ons cooldrink en lekkers gekoop,” het ’n outjie in die klas gesê.“Ons het altyd sokker en rugby gespeel. Hy was my beste vriend.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/kids-in-pyn-na-maat-se-moord-20181105

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply