Kids van ‘arm skool’ presteer

Please log in or register to like posts.
News
Kids van ‘arm skool’ presteer

DIS ’n relatief nuwe skool en hy is klein, maar die leerders doen reeds hulle ding in sport.Hoewel die Hoërskool Soneike in Kuilsrivier in 2013 gestig is, het ’n hele paar leerders reeds Weste­like Provinsie-sportkleure verwerf.Maar dis nie maklik nie, want die skool kan nie veel sporttoerusting bekostig nie.Die onderwyser Marlo Ford is ook die sportkoördineerder.Ford sê die skool beoog om velde en bane aan te lê omdat die leerders tans op ’n ongelyke stuk grond moet oefen.Hy sê: “Ons bied hokkie, sokker, krieket, netbal, rugby­ en atletiek aan.“Ons sukkel egter om genoeg goed vir ál die sportsoorte te kry – goed soos hokkiestokke, balle, boots en kolwe, veiligheids­toerusting soos ’n goalie kit, pads en afrigtings­toerusting.”Ford hoop iemand sal hulle help om truie vir van die spanne aan te skaf.Hy sê die afrigters help die kinders soms met hulle eie geld.“Ons oefen twee keer per week volgens ’n program, maar ons wil die peil van ons sport lig,” sê Ford.Ondanks dié omstandighede, vertel hy, vaar die leerders nietemin goed in sport. ’n Ander skool het selfs al van hulle afgerokkel.Hy pleit: “Ons het regtig hulp nodig om die leerders by te staan en as afrigters wil uithelp, sal ons dit waardeer.”Bel Ford by 076 522 0001 of skakel die skool by 021 903 4459.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.