Killer-tiener kry maksimum | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N SNOTKOP wat Dorothea Vermaak (95) van Uitenhage in Februarie 2017 verkrag, vermoor en nog ander misdade gepleeg het, gaan effektief 25 jaar agter tralies deurbring.Regter Dayalin Chetty het Phumzile Mabope (19) van Greenfields in Uitenhage verlede week ook skuldig bevind op ’n rits huisbraak-klagte, ’n klag van diefstal en roof.Mabope is gevonnis ingevolge die Kinderwet, waarkragtens die maksimum tronkstraf 25 jaar is.Chetty het gister in vonnisoplegging gesê Mabope se skoolloopbaan is gekenmerk deur stokkiesdraai en eksperimentering met drugs en alkohol.Volgens Chetty het Mabope reeds op ’n baie jong ouderdom met die gereg gebots.Sy dronkgat-ouers het hom en sy siblings lelik gedrop – soveel so dat hulle vir hulle self moes sorg.Chetty het gesê hy twyfel nie dat armoede Mabope se aanvanklike kennismaking met diefstal en huisbraak met die opset om te steel, aangevuur het nie.Die regter het gesê hy het simpatie met Mabope omdat hy dié misdade destyds begin pleeg het om te survive.Hy het verduidelik toe Mabope check hy kan met minder ernstige misdade wegkom, is hy aangespoor om meer ernstige misdade te pleeg.Chetty het toe verwys na Mabope se pleitverduideliking waarin hy admit hy het by ’n rits huise ingebreek en waardevolle items gesteel.GelyDie regter het egter bevind hierdie oortredings het niks te doen gehad met sy hon­gerte nie, maar hy wou eerder sy alkohol- en drug habit feed.Chetty het verder verduidelik die klaers in die saak het almal geldelike verliese gely weens Mabope se crime spree.Hy het gesê luidens ’n impakverslag van die slagoffers het van die klaers na afloop van die huisbrake verhuis.Volgens Chetty het Mabope erken hy het Vermaak aangerand met die doel om haar te vermoor.Chetty het gesê gegewe Vermaak se liggaamsbou was sy nie ’n bedreiging vir Mabope nie.Volgens die regter kon hy net die items gevat en geloop het.Pleks daarvan om net dit te doen, het hy haar in die veiligheid van haar eie huis gerape.Die regter het bevind sulke afwykende gedrag kan nie toegeskryf word aan ’n deprived sosio-ekonomiese agtergrond nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/killer-tiener-kry-maksimum-20180920

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.