‘Killer’ wag nou op sy lot

Please log in or register to like posts.
News
‘Killer’ wag nou op sy lot

’N JONG Terrible Joster van Elsiesrivier wat glo twee mense in aparte voorvalle afgemaai het, hoor volgende week sy lot. Sidwell Peters (19) staan tereg op die moord op Charneal Carstens (7) en Suleiman Bassier. Hy loop ook hof vir twee klagte van poging tot moord. Charneal is op 11 Desember 2017 doodgeskiet toe sy saam met vriende in die pad gespeel het. Die koeël was glo bedoel vir lede van die Horribles. Bassier is in 2015 doodgeskiet. Luidens die klagstaat is hy sewe keer geskiet. Bassier was glo ook ’n gangster.OntkenVerskeie getuies het Petersen op albei tonele geplaas. Hy hou egter vol dat hy nie by een van die voorvalle die skieter was nie. In die geval van Bassier se dood, sê hy, was hy daar toe Bassier geskiet is, maar die skieter was ene Jemmy. Hy ontken hy was enigsins by Car­stens se skietdood betrokke. Hy sê hy was ten tyde van die voorval in Eerste­rivier. Regter Hayley Slingers sal op 29 Maart uitspraak in die saak lewer.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.