‘Killer’ weet nie wat is confession

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

“GOOSEN het gesê ek moet ’n confession maak en sê van my pelle het die slagoffer met klippe gegooi en ek het gehelp om die slagoffer te steek.” Só getuig Jean-Claude Uithaler (20) gister in die Baaise hooggeregshof.Hy en sy twee medebeskuldigdes word verdink van die marteldood van Quinton Williams op 14 Junie 2014 in Booysenpark.Uithaler sê toe hy na die landdros geneem is om die confession te maak – soos AO Conrad Goosen, ondersoekbeampte, gesê het – het hy nie geweet wat ’n confession is nie.“Ek wou nie een maak nie. Ek het dit maar net gedoen omdat Goosen gesê het ek moet.”Die staatsaanklaer, adv. Garth Baartman, sê toe dat Goosen nie nodig gehad het om vir Uithaler te sê om ’n confession te maak nie, want in daardie stadium het Goosen reeds ’n statement in sy besit gehad.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/killer-weet-nie-wat-is-confession-20181025

Share this page to Telegram

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.