Kinder-rapist kry lang jare | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Kinder-rapist kry lang jare | Die Son

’N JONG man van Jeffreysbaai het gister ’n tronkvonnis van 20 jaar gekry vir die verkragting van ’n negejarige meisie.Regter Elna Revelas het Ridwaan Windvogel (23) van Pellsrus, Jeffreysbaai, vyf jaar tronkstraf opgelê vir roof en 20 jaar vir die twee rape-klagte.Sy het gelas die vonnisse moet gelyklopend uitgedien word.Die meisie is op 1 Januarie laas jaar in Jeffreysbaai verkrag. Revelas het ook gelas Windvogel se besonderhede moet opgeteken word in die register vir seks-oor­treders.VrotKaren Calitz, ’n maatskaplike werker van die Kwa­Nobuhle Outreach Centre, sê in haar voorvonnisbetoë ná die verkragting display die meisie hoë vlakke van vrees wat geassosieer word met magteloosheid.Calitz sê die kind sien haarself as vrot en vuil en ervaar ook hoë vlakke van skuld en vernedering.Volgens Calitz weier die kind om aan die voorval te dink en om daaroor te praat – in so ’n mate dat sy sielkundige berading weier.Sy sê voorts die meisie kry flashbacks, nagmerries, slapelose nagte en onttrek haar aan familie en vriende. Volgens Calitz vermy die kind ook sosiale interaksie met ander kinders en verkies nou interaksie met volwassenes. Die kind wil nie meer ’n kind wees nie, want volgens haar is kinders kwesbaar.Volgens haar display die meisie sedert die verkragting ook “clinging beha­viour”, veral teenoor haar pa.“Dit is nie normaal vir ’n kind van haar ouderdom nie. Dit is negatiewe ontwikkeling.”Volgens Calitz moet die meisie – sodra die saak afgehandel is – vir psigoterapie verwys word.Adv. Megan September, staatsaanklaer, sê ter verswaring van vonnis Wind­vogel is nie ’n vreemdeling vir die meisie nie.Volgens haar sou die meisie van hom verwag het om ’n meer beskermde rol te speel.September sê as die meisie nie die rape aangemeld het nie, sou Windvogel gedink het hy het daarmee weggekom.Volgens haar het hy nie die hof in sy vertroue geneem nie, aangesien hy nie redes gegee het hoekom hy die misdrywe gepleeg het nie.Windvogel se law­yer, Xolile Bodlo, sê ter versagting van vonnis Windvogel het geen vorige veroordelings en hangende sake teen hom nie. Hy het die hof ook daarop gewys dat Windvogel in ’n stadium ’n kondoom aangesit het.Hierop sê Revelas deesdae sit mense kondome aan sodat hul DNS nie recover kan word nie.Sy het ook gesê Windvogel het geen berou getoon nie.Volgens Bodlo is die meisie nie tydens die verkragting beseer nie.Revelas sê die trend van kinder-rapes is steurend.Sy sê kinders is veral kwesbaar vir die predatory gedrag van sommige volwassenes.Volgens haar word jong meisies in baie gevalle verkrag deur familielede of mense wat hulle ken.Sy sê die vaginale penetrasie was oppervlakkig en sodoende is die jong meisie se maagdevlies nie beskadig nie.Revelas het die hof ook daarop gewys Windvogel is ’n eerste oortreder.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.