Kis vol kruise kry nou koers

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

VANDAG gaan Khoisan-leiers die dood saam met hulle na die Oos-Kaapse premier in Bhisho dra.Hulle 75 kruise het intussen meer geword weens nog sinnelose moorde in die Baaise noordelike gebiede.Die Khoisan gaan met ’n houtkis na Phumulo Masualle se kantoor loop en langs die pad die kruise in die grond inkap.Gister het Chiefs Crawford Fraser, Cora Hennings en Moghammed Blouw en ander Khoisan hulle veldtog voortgesit.Hulle het op verskeie plekke wit en swart geverfde kruise geplant. Elke kruis verteenwoor­dige ’n moord die afgelope ses maande in die noordelike gebiede.Die groep het begin by die Gelvandale-brug in Standfordweg. Daarna het hulle beweeg na die Bethelsdorp-polisiestasie in Soudienweg.noodkreet: Kampvegters staan met hulle kruise voor die Bethelsdorp-polisiestasie.FOTO VERSKAFDie boodskap wat hulle wil uitstuur, is dat genoeg nou genoeg is. Hulle wil hê daar moet ernstig gekyk word na die moorde op veral jong mense.Met plakkate wat onder meer lui “Stop the genocide” en “We must stand to­gether” het hulle talle verbygangers se aandag getrek.Met die plakkate wou hulle mense bewus maak van hoekom hulle die kruise so oral ronddra.Die laaste paar maande het die bloed omtrent in die Northerns gevloei. Van die moorde is net dae uitmekaar gepleeg.In die meeste gevalle is niemand ooit vir die voorval gearresteer nie.Fraser het gesê: “Ons gaan die kruise na die premier se kantoor toe vat. Ons gaan hom vertel elke lewe wat ons in die noordelike gebiede verloor het, is een te veel. “Die ses swart kruise simboliseer die ses jong mans wat ons binne net ses dae verloor het. Dit is onaanvaarbaar.”Die kampvegters het by die Bethelsdorp-polisiestasie gaan draai omdat hierdie stasie nie gebou is om al die areas (wat onder vier sektor val) te bedien nie. in aksie: Chief Crawford Fraser sê genoeg is genoeg.Foto: theo jepthaSektor 1 is Booysenpark tot Marikana, 2 is die areas van Bethelsdorp, Uitbr. 20 en 21, 30, 31 en 36, terwyl sektor 3 en 4 die areas van Wind­vogel, Salt Lake, Salsoneville en Arcadia cover. Die areas is te groot vir een polisie­stasie, sê Fraser.Die Khoisan het gister­middag ook met hulle kruise gaan bid in Rensburgstraat in Weseinde, waar twee mans vroeër die week binne ’n dag doodgeskiet is.Gisteraand het die Khoisan gaan slaap by Chief Dawid Stuurman se graf.Dis om hulle te bring aan Stuurman se bydrae en die stryd wat hy vir sy mense gestry het. Christian Martin gaan in die houtkis slaap en die ander in tente. Die groep wil ook ’n memorandum, in die vorm van die kis, aan Masualle oorhandig.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/kis-vol-kruise-kry-nou-koers-20181122

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.