Kla oor noise: Meshou eis ou

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

NOG twee moorde het gisteroggend vroeg die Baaise Northerns geruk. In een van die voorvalle is Renaldo Adams (23) van Kronebergstraat, Uitbreiding 21, dood toe sy neef hom na bewering met ’n mes bygekom het.’n Inwoner wat verkies om anoniem te bly, sê gister omstreeks 04:00 het Renaldo se vermeende killer vreeslik lawaai buite die huis gemaak en items stukkend gegooi.Hulle het saam met nog ander mense in een huis gewoon.Hy het Renaldo glo in een van die slaapkamers met die mes in die rug gesteek toe Renaldo hom oor sy lawaaimakery aangepraat het.Die moordtoneel was vir die grootste deel van die oggend afgesper met nuuskieriges wat daar saamgedrom het.Renaldo se geskokte pa, Ronald Mitchell, het verslae voor die huis rondgedwaal nadat die nuus van sy seun se mesdood rugbaar geword het.AO. Alwin Labans, ’n polisiewoordvoerder, sê die verdagte is in hegtenis geneem.doodgesteek: Renaldo Adams se lyk word uit die moordhuis verwyder. Foto’s: theo jepthaskare: Nuuskieriges drom gister voor die moordhuis saam.Hy verskyn vandag in die Baaise landdroshof op ’n moordklag.In nog ’n voorval gisteroggend het inwoners van Timothy­ Valley omstreeks 01:40 op die lyk van ’n 21-jarige man in Mpuko­straat afgekom. Die oorledene was Simamkele Manpile.Volgens Labans het Manpile veelvuldige skietwonde aan die kop gehad.Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.’n Moorddossier is aangelê.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/kla-oor-noise-meshou-eis-ou-20181001

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.