Klagte by ná ou ontsnap

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N MOORDVERDAGTE wat uit aanhouding ontsnap het, sal vandag weer in die Baaise landdroshof verskyn. Sizwe Jika (27) het ook Vrydag in die hof verskyn. Hy staan tereg vir die moord op Ann Smit (86).Smit is in Mei in haar huis in Kamma Park in die Baai aangeval – vermoedelik met ’n hamer of ’n byl. Sy het later aan haar wonde beswyk. Jika word aangekla van die moord op Smit, sowel as huisroof. Vrydag is ’n klag van ontsnapping uit aanhouding bygevoeg. Hy het op 21 September uit aanhouding by die Walmer-polisiestasie ontsnap.Hy het glo deur ’n venster uitgekom nadat sy vingerafdrukke geneem is. Hy is egter verlede Woensdag weer gearresteer – in Aliwal-Noord, omtrent 500 km van die Baai. Wanneer hy vandag verskyn, sal nog sewe klagte van huisbraak bygevoeg word. Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê speurders is steeds besig om inligting op te volg om te sien of hy by enige ander misdade betrek kan word.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/klagte-by-na-ou-ontsnap-20181007

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.