Klap-leerder se ma eis duisende

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DIE ma van die voormalige leerder van San Souci Girls’ High School, wat deur ‘n onderwyser geklap is, eis nou R150 000 in skadevergoeding in die gelykheidshof.Die onderwyser Clarissa Venter en die graad.9-leerder was onlangs albei geskors ná ‘n video oor die voorval viral gegaan het.Venter keer egter binnekort terug na die skool ná sy ‘n boete en ‘n finale skriftelike waarskuwing deur die beheerliggaam opgelê is.Haar prokureur William Booth sê die ma beweer in hofstukke dat haar dogter aangerand is omdat sy van ‘n ander ras en kulturele agtergrond is.“Die voorval was duidelik nie weens rassisme of kulturele diskriminasie,” sê Booth.“Dit blyk niks meer as ‘n kwelsugtige poging te wees om finansieel voordeel te trek uit ‘n voorval wat begin is deur die leerder se gebrek aan dissipline, ongemanierdheid en uiters uittartende gedrag.” – News24

https://www.son.co.za/Nuus/Kaapsenuus/klap-leerder-se-ma-eis-duisende-20190321

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.