Klein fortuin vir veiligheid | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Klein fortuin vir veiligheid | Die Son

KAAPSTAD se mayor, Dan Plato, sal na verwagting vandag sowat R162 miljoen uit die begroting aanpas en dit na polisiëring herlei.Plato was gister gou om te sê hy steur hom nie aan wat die opposisiepartye daaroor te sê het nie.Volgens hom kom die geld uit departemente wat dit nie spandeer het nie.Son het gister berig die Good Party, ANC en die EFF sê Plato doen die aanpassing slegs omdat dit ’n verkiesingsjaar is en die doel daarvan is om stemme te kry.Plato het gister volgehou die besluit om die geld na veiligheid te herlei spruit uit openbare vergaderings wat hy in November in die provinsie gehou het.Uit dié vergaderings het dit duidelik geword mense kla oor die gebrek van behoor­like polisiëring.Volgens Plato sal die geld gebruik word vir onder meer ekstra oortyd aan personeel (R50 miljoen), die werwing van ekstra wetstoepassers en vir uniforms en ander toerusting (R10 miljoen).Hy het gesê: “Die publiek het vir my niks oor ’n verkiesingsjaar gesê nie. Die publiek het ons gevra om iets aan misdaad te doen.“Die beste manier om polisiëring te verbeter, is om die polisiemag te versterk.Probleem“Ek steur my nie aan wat die opposisiepartye daaroor te sê het nie. Dit is die opposisie se werk.“Die opposisie sal altyd ’n probleem hê met enige iets wat ons doen. Ons as die regerende party doen wat ons moet doen.”Die Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, Alan Winde, en die mayco-lid belas met veiligheid en sekuriteit, JP Smith, was ook op gister se nuuskonferensie.Smith het gesê: “Enige een wat van polisiëring ’n politiese speelbal wil maak, is out of touch.“Dit is iemand wat nie weet wat in ons stad aangaan nie. “Dis hulle wat nie die dringende nood daarvoor raaksien nie het of lank laas ’n openbare vergadering bygewoon het. Of iemand wat nie met die gewone mense op straat praat nie.”Winde het gesê hy gaan ’n beroep op die Suid-Afrikaanse Polisiediens doen om te desentraliseer sodat provinsies hul eie polisiemag kan bestuur. Die departement van gemeenskapsveiligheid sal die Stad finansieel ondersteun met onder meer die uitbreiding van die metropolisie se honde-eenheid.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.