Klere flenters ná onnie freak

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N TIENERSEUN beweer ’n onderwyser het hom in die klaskamer aan­gerand.Waven Davids het ná die beweerde voorval met ’n merk onder die oog, ’n geswelde wang, ’n geskeurde jersey en stukkende skoolskoene by sy ouerhuis aan­gekom.Die 16-jarige Waven is ’n gr. 10-leerder aan die Senior Sekondêre Skool Bergsig in Uitenhage. Dié skool bied onderrig aan kinders met spesiale leerbehoeftes.LelikVolgens Waven het hy op 5 September sy WiFi router by ’n vriend in ’n ander klaskamer gaan haal. Hy sê toe hy met sy router uitstap, het die onnie vir hom gesê: “Nou, f*kk*f.” Waven sê hy het vir die onnie gesê hy kan nie so lelik met hom praat nie. Volgens hom het die onnie toe gereageer: “Hou jy jou slim? Ek slaan jou tanne uit jou bek uit!” Waven beweer die onnie het hom van agter af om die nek gegryp en hom by die klaskamer ingetrek.Kinders wat alles gesien het, het die klaskamerdeur probeer oopdruk. Volgens Waven het die onderwyser dit reggekry om die deur te sluit en hom teen ’n muur gegooi. Hy sê hierna is hy verskeie kere met die hand deur die gesig geklap. Sy skool jersey en -skoene het geskeur soos hy probeer het om weg te kom.’n Ander onderwyser het aan die klaskamerdeur ge­hamer nadat kinders hom gaan roep het om te help. Volgens hom het die vermeende aanrander geskree: “Ek is nie jou speelmaat nie! “Jy ken my nie. “F*kk*f uit my klas uit! “Ek wil jou nooit weer sien nie.” Waven se oupa, David­ Koraan­, sê Waven moes ná die voorval dokters­behan­deling kry. Hy sê die hele besigheid het sy kleinkind erg getraumatiseer. Waven het kort ná die gebeure by die polisie ’n verklaring gaan aflê.Kapt. Gerda Swart, ’n woordvoerder vir die polisie, sê ’n dossier van gewone aanranding is aangelê. ’n Ingeligte by die departement van onderwys sê die departement het die afgelope Vrydag van die voorval verneem.Hulle het ’n verslag by die skool aangevra.Dié verslag sal na die departement se labour sec­tion verwys word.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/klere-flenters-na-onnie-freak-20180916

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.