Klopse: Troepe trap enige plek

Please log in or register to like posts.
News
Klopse: Troepe trap enige plek

DIE Wes-Kaapse hooggeregshof het ’n interdik aan die Stad Kaapstad teen die Cape Town Minstrel Carnival Association­ (CTMCA) en sy lede toegestaan.Die interdik bepaal dat die CTMCA die Stad skriftelik toestemming vra vir elke event wat hulle beplan. Dit maak nie saak of die venue deur die Stad besit word of nie. Die Stad sê hy het hierdie stap gedoen oor die CTMCA nie ag slaan op nasionale wette en by-laws nie.Volgens JP Smith, die stad se mayco-lid vir veiligheid en sekuriteit, het lede van die CTMCA op Saterdag 26 Januarie ’n wettige event in Ravensmead­ verlaat en Belhar se sportgrond bestorm en ’n onwettige event daar gehou.RegulasiesSmith sê ook die Stad het ’n kriminele klag teen die die groep se klopse-leier, Pot Stemmet­, en die raad van die CTMCA gelê.Volgens die Smith het die CTMCA weer op Saterdag­ 2 Februarie probeer om ’n facility in Johnson-weg, Rylands, binne te gaan.Hy sê: “Die CTMCA steur hom bloot nie aan die Safety at Sports and Recreation Events Act en die Stad se regulasies vir events nie.“Deur dit te doen skend hy die reputasie en die integriteit van die minstrel-broederlikheid en die ander groepe wat wel die wette gehoorsaam.”

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.