Koebaai, juffrou | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Koebaai, juffrou | Die Son

ELKE kind verdien ’n kampioen. Leerders makeer ’n opvoeder wat nooit sal moed opgee nie. Iemand wat die krag van ’n connection verstaan en daarop aandring dat elke leerder die beste word wat hulle kan wees.Só voel Hazel Poole van Elsiesrivier oor skoolhou.Poole tree eersdaags af ná 44 jaar in die onderwys.Haar passie vir opvoeding het sedert 1975 nooit gekwyn nie – maar dis nou tyd om te groet.GestuurDie passievolle opvoeder wat die honger breintjies in De Waveren Primêr in Ruyterwacht al die afgelope 11 jaar opvoed, sê nou finaal vaarwel.Poole het haar loopbaan in 1975 by Avonwood begin. Daarna het die departement haar in 2008 gestuur om ’n vakante pos by De Waveren te vul.Sy sê haar loopbaankeuse was God se roeping.Poole vertel die beste oomblikke van haar loopbaan was om te sien hoe oudleerders presteer en sukses behaal.Maar daar was ook tye wat sy liewer wil vergeet, soos toe sy kollegas aan die dood moes afstaan.Poole sal die glimlaggies en drukkies van leerders die meeste mis, asook die dae toe sy deur haar leerders gekomplimenteer is: “Juffrou lyk mooi vandag.” Met Poole wat aftree, hou De Waveren Vrydag 1 Maart ’n geselligheid vir al haar oud-leerders.Die geselligheid sal in die skoolsaal gehou word en toegang is R20.Die geld wat daardie aand ingesamel word, sal geskenk word vir die grade­plegtigheid van hierdie jaar se gr. 7-klas.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.