Koeëls nog in jong ou

Please log in or register to like posts.
News
Koeëls nog in jong ou

HY LOOP nou nog met die twee bullets in sy lyf nadat hy in 2017 geskiet is.Dit was die aand toe Aqeel Davids (9) van Ocean View in sy ouma se huis in die kop geskiet is.Aqeel het aan sy wonde beswyk.Die moordsaak het Maandag in die Kaapse hooggeregshof begin.Dillon “Oupa” Petersen, ’n vermeende lid van die Taylor-bende in Ocean­ View, loop hof vir Aqeel se moord.Hy staan ook tereg op ag aanklagte van poging tot moord en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammo. Petersen en sy gang het op 9 September 2017 na bewering lede van die Junky Funky Kids (JFK) gesien en hulle gejaag.Twee van die ouens het by die huis van Aqeel se ouma ingehardloop.Een van die mans is ’n 23-jarige ou wat gister in die saak getuig het.Sy naam mag nie gepubliseer word nie.Die man het getuig toe hy die deur toemaak, het die skote begin klap.“Ek het kombuis toe gehardloop en is daar in die bors geskiet. Toe hardloop ek voorkamer toe.“Daar is ek in die rug geskiet. Almal in die huis het gehardloop.”Ses skote is deur die deur geskiet en twee deur die venster.DopgehouDie man het gesê hy is nie ’n JFK nie, maar asso­sieer van tyd tot tyd met hulle. Die man het getuig hy ken Petersen van skool af. Terwyl hy getuig het, het Petersen hom stip dopgehou.“Daar is twee ouens met die bynaam Oupa in Ocean View. Een het gladde hare. Dan is dit daai een met die dreads,” het hy verduidelik terwyl hy na Petersen in die hof gewys het.Hy het gesê hy het Petersen by die hek gesien voordat­ hy in die huis gehardloop het.“Ek kon nie sien wie skiet nie, want die persoon het gehardloop.”Hy het gesê een koeël is baie naby sy hart en die ander een by sy ribbekas. Die saak sal vandag aangaan.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.