‘Kom oewer toe’ | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
‘Kom oewer toe’ | Die Son

ROBERTSON. – Hier gaan dit oor die liefde vir hengel.Oud en jonk kan nou by die hengelklub kom aansluit en die buitelewe op die oewer van die Breërivier kom geniet.Die afgelope naweek het die CCD Hengelaarsklub sy eerste visvangkompetisie gehou.Hoewel daar net 18 vissermanne vir die tawwe kompetisie ingeskryf het, was dit ’n groot sukses.Volgens die voorsitter, John Arendse, is hulle klub daarop gefokus om oud en jonk by die waters te kry, om hulle uit te leef.“Ek het reeds vanaf verlede jaar beplan om so ’n kompetisie te hou om die Vallei se mense wat in hengel belang stel, hier teen die rivier te kry,” het Arendse opgewonde gesê.Volgens Arendse kan alle belangstellendes in die Langebergstreek kom aansluit.Hy verduidelik jy kan tussen Robertson en Bonnievale by die rivier jou lyne kom ingooi.Arendse verduidelik: “Die kompetisie word op sosiale netwerke geadverteer.”Die inweging vind in Robertson by die rivier plaas, en jou vis moet nog leef.Die hengelaar met die grootste vis wen prysgeld.Nathan Carolus het in die eerste kompetisie koning gekraai met ’n vis wat 5,74 kilogram weeg.Enigeen wat wil aansluit, kan Arendse by 078 145 6392 bel.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.