Komitee gestig ná drug-optog | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Komitee gestig ná drug-optog | Die Son

HY HET haar nighties opgeskeur uit woede en haar wasmasjien amper stukkend geskop.’n Enkelma (42) wat in Missionvale woon, gaan deur hel omdat haar 19-jarige seun verslaaf is aan tik.Sy is net een van vele ouers in dié area in die Baaise noordelike gebiede wat gister aan ’n betoging teen misdaad deelgeneem het.Sy sê sy het uitgevind hy gebruik dwelms omdat hy heeltyd op sy tande kners en vir geld vra.“Hy het eenkeer vir geld gevra en toe ek sê ek het nie, het hy sy short stukkend geskeur. Hy’t gesê hy gaan my huis se vensters stukkend gooi. “Ek wil hom net in ’n rehab hê. Ek wil nie hê hy moet tronk toe gaan nie.”opstaan: Kinders neem gister ook deel aan die vreedsame optog teen dwelms en mishandeling. Foto’s: DEON FERREIRAGister het gatvol inwoners die strate ingevaar en ’n march gehad om bewustheid te skep oor dwelms. Nuuskierige inwoners het uit hul huise gekom om te kyk en sommige het hulle by die ander marchers aangesluit.Verskeie departemente, die raadslid se kantoor, laerskole in die Mis­sionvale- en Algoapark-area, rehabs, organi­sasies, die Mis­sionvale-kliniek, die SAPD en gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) van Algoapark het deelgeneem.Daar is ook ’n plaaslike organiseringskomitee gestig met verteenwoordigers uit al die betrokke partye. Eddie Alexander, voorsitter van die Algoapark-GPF, sê die gemeenskap het genoeg gehad van dwelms, want hulle verloor hul kinders. Hy sê kinders so jonk as ses jaar gebruik al dwelms.’n Negejarige seun sê: “Ons is moeg van drugs. Hulle wil ons doodmaak en hulle steel van ons.”Vincent Oliphant (25) is al ses maande skoon. Hy het Mandrax en tik gerook. “Aan die begin is dit moeilik, maar dit raak elke dag ’n bietjie makliker. “Ek het mense beroof vir geld en ek voel sleg daaroor.”Elriza KayserElriza Kayser van die departement van maatskaplike ontwikkeling sê sekere ouers is self verslaaf aan dwelms en drank. Die departement moes al kinders in Missionvale uit hul huise verwyder. “Daar is ook kinderverwaarlosing en baie drop-outs uit skole wat betrokke raak by die verkeerde goed.”Said Mohamed, die voorsitter van die Somaliese gemeenskapsforum, sê hulle as buitelandse winkeleienaars word gereeld beroof deur gangsters. “Hulle vra ons ook om protection fees te betaal.”Daar sal in die volgende twee weke ’n gemeenskapsdialoog aangebied word.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.