Krag laat die water ook lol

Please log in or register to like posts.
News
Krag laat die water ook lol

DIS soos ’n plaag wat die Here stuur, want ons luister nie.Só sê ’n inwoner van Fondlingstraat in Bethelsdorp in die Baaise Nor­th­erns oor load shedding en die feit dat hulle watertoevoer ’n paar dae lank afgesny was.Teen gister was die watertoevoer darem weer aan.Veral huishoudings in Uitbreiding 22 en 30 is geraak toe die water af was.Die vrou beweer dié goed gebeur omdat die mens ander goed soos rugby eerder verafgod en nou straf die Here die mens.Sy het vertel sy fight juis met haar man daaroor.GevloeiSommige inwoners het beweer hulle watertoevoer is Maandag afgesny. Ander het gesê dit was sedert Dinsdag.Edward Connelly (33) van Femberstraat het gesê sedert Dinsdag het geen druppel water uit sy huis-krane gevloei nie.Hy het vertel die laaste paar dae moes hulle ver stap na sy skoonsuster om kanne water vol te maak.Volgens hom is die toilet die ergste.Connelly het gesê hulle spoel die toilet met die oorblywende gryswater.Hy het bygevoeg die water-affêre het hom en sy gesin nou geleer om water meer spaarsaam te gebruik.Volgens hom is die watertoevoer gister herstel.Emelda Winterberg (59), ook van Fondlingstraat, het gesê: “Ons het vroeër in die week gehoor die water gaan af, maar ons was nie pre­pared nie.”Sy het bygevoeg hulle moes uitgawes aangaan om water te koop.Gister het sy gesê haar vuil skottelgoed van die vorige dag staan nog net so.Kathleen Christoffels (63) van Frolickstraat het gesê haar watertoevoer het gister 09:00 eers aangegaan nadat dit drie dae af was.Volgens haar moes haar man water uit ’n nabygeleë dam gaan skep om dit in die toiletbak te gooi.Sy het gesê voordat die water in die toiletbak gegooi is, het sy dit eers gebleik.Llewellen Erasmus, ook van die omgewing, het vertel hy het via hulle buurtwag verneem die watertoevoer gaan tydelik afgesny wees omdat die munisipaliteit ou waterpype replace.Hy het gesê sy water was ook teen gisteroggend weer aan.Mthubanzi Mniki, munisipale woordvoerder, het nie op Son se navrae gereageer nie.Intussen ervaar die Nelson Mandela-munisipaliteit allerhande shutdowns by watersuiweringsaanlegte en groot pompstasies weens load shedding.Mniki het vroeër gesê die aanhoudende shutdowns tydens fase 4-beurtkrag maak dit onmoontlik om genoeg water te stoor omdat daar net nie genoeg pomp-ure in die dag is nie.Die munisipaliteit het ’n beroep op verbruikers in die Metro gedoen om minder water te verbruik om water-ontwrigtings te voorkom. Gebiede wat die grootste risiko loop om geraak te word, is dele van Walmer, Walmer Downs, Mangold Park, Glen Hurd, Newton Park, Greenacres, dele van Cotswold, dele van Schauderville, Linkside, Mill Park en dele van Sentraal.GevaarMount Croix, Perridge­vale, Somerstrand, die Groenbossies-nywerheidsgebied, Rowallan Park, Groenbossies, St. Albans, Gelvandale, Helenvale en die hele Ibhayi-omgewing loop ook die gevaar.’n Boodskap wat glo namens Retief Odendaal van die DA in die sosiale media sirkuleer, lui daar is woongebiede in die Metro wat meer beurtkrag as ander ervaar. Dis omdat die meeste nywerheidsgebiede in Nelson Mandelabaai nie beurtkrag ervaar nie.Hy het gesê soos hy verstaan, word load shedding in die meeste munisipaliteite across the board­ gedoen, insluitend nywerheidsgebiede.Volgens hom kan load shedding in nywerheidsgebiede heroorweeg word. Die nywerheidsektor verbruik 60% van die elektrisiteit in die Metro.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.