Krismis in ’n hospitaalbed | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

HY GAAN dalk nie tuis wees vir Krismis nie, maar ná twee groot operasies is die lewe van ’n seun (13) van Helenvale nie meer in gevaar nie.’n Koeël het die klong verlede Sondag in Anita­rylaan in die maag getref.Dit was toe gangsters op mekaar gevuur het. Hy en ’n vriend het in die kruisvuur beland.Die vriend is in die hand getref.Sy ma (37) is nou nog in skok oor sy haar seun ampertjies verloor het.Die ma vertel: “Hy is daai dag winkel toe gestuur. Hy was op pad huis toe toe die mannetjies in die straat hardloop en op mekaar skiet.“Ons almal het uitgegaan om te kyk wat gebeur. Ek het gesien hy is in die maag geskiet en ek het hom laat regop sit,” vertel die ma.“Ek het met hom gepraat sodat hy wakker moet bly. Hy’t heeltyd gevra hoekom die ambulans so lank vat.“Sy antie het intussen ’n privaat ambulans gebel en hulle was eerste hier.“Ek was toe saam hospitaal toe.”In die Livingstone-hospitaal is bevind dat die koeël die seun se maag en ’n long getref het.Dokters het dadelik ’n noodoperasie gedoen.Die seun het ses dae in die waakeenheid (ICU) gelê.Sy asemhaling was egter nie egalig nie. Dokters het toe ’n snit van langer as 20 cm in sy sy gemaak om onder meer sy longe te dreineer.Die ma sê: “My senuwees was gedaan. Ek was ’n emosionele wrak.“Ek het toe sommer in die Livingstone se wag­kamers­ geslaap sodat ek dag en nag by hom kon wees.”Die seun is ná die ses dae in die ICU na die provincial hospitaal in die Baai oorgeplaas, waar hy steeds lê.Die ma sê ondanks ál die pyn en ongerief wat haar seun verduur het, het hy nie een keer gehuil nie.Sy sê egter hy was in erge skok en wil nou nie by die huis wees nie.Hy sal daarom in sy tannie se huis aansterk wanneer hy uit die hospitaal ontslaan word.Sy ma sê: “Ek voel baie bly en dankbaar dat hy orrait is. Dit is alles net deur die genade van God.”Sy bedank die inwoners van Anita-rylaan vir hul ondersteuning en gebede.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/krismis-in-n-hospitaalbed-20181218

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.