Kruispad voor | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Kruispad voor | Die Son

DIE advokaat van een van die vier beskuldigdes in die Preston Titus-moordsaak het Vrydag vir ’n wending gesorg.Adv. Stoffel Prinsloo, vir Justice Mooi, het in die rondgaande hooggeregshof in Oudtshoorn ’n verhoor binne die verhoor aangevra.Volgens Prinsloo beweer sy kliënt die verklaring wat ná sy inhegtenisneming afgeneem is, is nie uit sy vrye wil afgelê nie. Mooi beweer die polisie het hom gedreig en aangerand. Die binneverhoor is aangevra om te bepaal of hierdie verklaring as bewysstuk aanvaar kan word. Sy kliënt en die polisie sal hieroor getuig, het Prinsloo gesê.Mooi is die enigste van die vier beskuldigdes wat in aanhouding is.Hy staan saam met Magdaleen Titus (Preston se weduwee), Natasha Stuurman en Masithembe January tereg vir die moord op die soldaat in Desember 2017.Prinsloo het die hof ook gevra dat vandag se hofverrigtinge elfuur moet begin sodat hy eers met Mooi kan konsulteer.Verlede week het AO Anna-Marie van Niekerk getuig. Haar werk sluit die ontleding van selfoonrekords in.OntmoetNadat adv. Chris van der Vijver, die staatsaanklaer, Van Niekerk Vrydag hieroor gevra het, het die AO getuig dit sou doelloos wees om oor Mooi en Titus se verbintenis en vorige selfoon­rekords te getuig. Volgens haar het hulle mekaar die eerste keer op 16 November 2017 ontmoet het. Al die ander beskuldigdes was aan mekaar bekend. Mooi sal, volgens Prinsloo, getuig hy was die aand van die moord by Stuurman se huis. Hy’t glo daar gewag vir Sixabiso Klip, wat hom sou terugvat Port Elizabeth toe.Klip het getuig hy het Stuurman die oggend van 1 Desember 2017 omstreeks 01:00 gebel om haar huis se hekke oop te maak.Chris Morgan, Stuurman se lawyer, het dit aan die getuie gestel dat dít verkeerd is. Dit was eerder rondom 04:00; sy selfoon­rekord kan dit staaf. Van Niekerk het dit bevestig.Morgan het dit ook aan die ont­leder gestel dat Stuurman se selfoonrekord aandui dat daar op 1 Desember 2017 van 16:36 tot omstreeks 19:00 geen oproepe van Stuurman se selfoon gemaak is nie omdat sy op pad was na Beaufort-Wes en tot die volgende middag daar gebly het.Morgan het dit ook aan Van Niekerk gestel dat Stuurman nooit in November 2017 in Port Elizabeth was nie. Die naaste – volgens haar selfoonrekord – is Hankey, waar sy op 18 November 2017 was.Van Niekerk het hierna getuig terwyl Stuurman in Beaufort-Wes was, was daar baie kommunikasie tussen haar en Klip. Hierop het Morgan gesê Klip en Stuurman het mekaar baie goed ken. Weens al die misdaad in die land het sy hom gevra om die naweek na haar huis te kyk.Adv. Mustaque Holland, vir Titus, het dit aan Van Niekerk gestel dat daar geen aanduiding is dat Klip die aand van die moord by Preston se huis was nie. Daar is ook geen oproepe gemaak tussen hom en Titus nie. Volgens Van Niekerk het Klip wel vir Titus twee SMSe gestuur.January se lawyer, Louise Luterek, het dit aan Van Niekerk gestel dat hy ook nie op 30 Januarie en 1 Desember 2017 in Oudtshoorn was nie, maar saam met Stuurman in Beaufort-Wes. Die saak duur voort.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.