Kuila demand dak oor kop

Please log in or register to like posts.
News
Kuila demand dak oor kop

INWONERS van Kuilsrivier sê hulle is nou net mooi gatvol oor hulle misgekyk word vir huise in die Highbury Fase 3-ontwikkeling.Hulle sê die tyd vir jokes en speel met die government is verby, want hulle sukkel nou al te lank om ’n huis te kry.Die meeste van die omgekrapte inwoners vertel hulle is al langer as 20 jaar op die waglys. Saterdag het hulle geduld opgedroog. Hulle het dinge warm gemaak deur die strate met brandende tyres af te sper.IntrekDie mense sê dis die enigste manier waarop hulle stemme gehoor gaan word. Hulle beweer die DA councillor wat in beheer is van die projek, bevoordeel Wesbank se inwoners bo Kuilsrivier se mense. Yolanda Tala (43), ’n bestuurslid­ van die groep Kuils River Concerned Citizens (KRCC), sê die minister van behuising in die Wes-Kaap fail hulle.“Ons wag nou nog vir ’n response van die MEC oor wie die beneficiaries van die huise is. Ons soek nie Wesbank se mense in die huise nie. Hoe kan mense intrek sonder dat hulle voldoen aan die nodige kriteria?” wou Tala weet.Cynthia Plaatjies (51), ook ’n bestuurslid van die KRCC, sê hulle het op 21 Februarie ’n meet­ing gehad met die minister. Toe het dié belowe hy sal vir die KRCC ’n lys stuur met die beneficiaries se name op.Volgens Plaatjies is daar verlede Vrydag in ’n ver­gadering tussen die KRCC en die minister bekend gemaak net 2 van die 72 mense wat vir huise kwalifiseer, is uit Sarepta, Kuilsrivier. “Vlamme gaan jol op die paaie van Kuilsrivier en die R300 totdat die minister en twee betrokke councillors met antwoorde na ons toe kom,” het Ryno Matys uitgebars.’n Woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van behuising, Ntomboxolo Makoba-Somdaka, sê die beweringe word ondersoek. Daar is nog nie besluit hoe die huise toegeken gaan word nie, het Makoba-So­m­daka gesê. “ ’n Vergadering is vandag (Dinsdag) tussen die gemeenskapsleiers en min. Bonginkosi Madikizela (Wes-Kaapse DA-leier) gehou. Op dié vergadering is aan die leiers gesê hoe die huisproses gaan verloop.“Almal was baie gelukkig met die response. ’n Finale vergadering word volgende week gehou.”

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.