Kwaito-ster kry nie bail | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Kwaito-ster kry nie bail | Die Son

DINGE lyk maar donker vir Pitch Black Afro nadat hy nie bail gekry het nie.Thulani Ngcobo, beter bekend as Pitch Black Afro, is reeds drie maande lank in aanhouding vir moord. Hy het na bewering sy vrou, Catherine Modusane, op 31 Desember 2018 by ’n bed and breakfast vermoor.Die Johannesburgse landdroshof het beslis dat die ster nie borgtog sal kry nie. Hy is aangekla vir moord met voorbedagte rade en dwarsboming van die gereg.Landdros Paul du Plessis het aan Ngcobo gesê dis nie vir die hof om te besluit of hy skuldig is of nie, maar volgens getuienis wat voor hom gesit is, is daar geen rede dat hy op bail vrygelaat kan word nie.Ngcobo se lawyer, Meshack Maluleke, voer aan Modusane kon haar beserings opgedoen het voordat sy na die B&B teruggekeer het. – News24

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.