KYK: 46 kinders in ‘n taxi

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

‘N TAXI DRIVER van die Baai is in die sop nadat metropolisielede hom met 46 skoolkinders in sy voertuig betrap het.’n Video van die voorval word tans op sosiale media verspei. Die video is vermoedelik deur een van die metropolisielede gemaak. In die video word die leerders, van die Primêre Skool Frank Joubert, een vir een uit die taxi gehaal terwyl hulle getel word. Daar was altesaam 48 mense, insluitend die bestuurder, in die taxi.Die 26-jarige bestuurder is kort daarna gearresteer en verskyn binnekort in die hof. Yolanda Faro, hoof van die metropolisie in die Baai, sê aan Die Burger die beamptes was besig met patrolliewerk toe hulle die voertuig opgemerk het. Hulle het vermoed dat dit oorlaai was. “By nadere ondersoek is die beamptes se vermoedens bevestig. Die minibus was só oorlaai dat die kinders letterlik bo-op mekaar gesit het.”Die wet behels dat ‘n taxi net 15 passasiers moet vervoer.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/kyk-47-kinders-in-n-taxi-20190220

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.