Please log in or register to like posts.
News

‘N SENATOR van Australië het ‘n jong man by ‘n perskonferensie geklap ná hy ‘n eier op die politikus se kop stukkend geslaan het. Die jong man se optrede was uit protes teen senator Fraser Anning se aanstootlike uitlatings oor Vrydag se aanvalle op twee moskees in Christchurch, Nieu-Seeland.Die senator van Queensland het ná die aanvalle, waarin 50 mense doodgeskiet en talle ander beseer is, in ‘n verklaring gesê die aanvalle is gepleeg weens die toestroom van Moslem-immigrante na Nieu-Seeland. Anning het die jong man twee keer deur die gesig geklap voor hy tot bedaring gebring moes word. Scott Morrison, Australië se eerste minister, het Anning se uitlatings as walglik beskyf en sê dit het geen plek in hul land nie. Brenton Tarrant (28), die man wat gearresteer is ná die aanvalle, het intussen op ‘n klag van moord in die Christchurch-distrikshof verskyn. Tarrant het die aanval ge-livestream. Hy het nog nie gepleit nie en verskyn weer op 5 April in die hof.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.