KYK: Vrou helder oordag beroof

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE polisie in Muizenberg is opsoek na drie verdagtes in ‘n silwer Mercedes-Benz wat ‘n vrou helder oordag beroof het.Die voorval het op 9 Februarie in Costa da Gama plaasgevind. ‘n Video daarvan doen tans die ronde op sosiale media. In die video stap die 24-jarige vrou in Sunrise Boulevard terwyl sy op haar selfoon besig is. Die Merc stop dan langs haar en twee van die verdagtes klim aan die linkerkant van die motor uit. Die verdagte wat langs die bestuurder gesit het gryp dan haar handsak, hardloop en spring terug in die kar. Die ander verdagte stoei dan met die vrou vir haar selfoon. Hy kry dit uiteindelik reg om dit af te vat en spring ook in die kar.Die vrou hardloop dan agterna terwyl die kar weg ry. Kapt. FC van Wyk, ‘n polisiewoordvoerder, het bevestig dat ‘n klag van roof ondersoek word. Van Wyk sê die voorval het Dinsdag plaasgevind. Hy sê ‘n aanvanklike ondersoek wys dat die Mercedes gekloonde nommerplate opgehad het. Konst. Felicia Johnson is aangestel om die saak verder te ondersoek. Enigeen met inligting kan haar by 021 787 9000 bel.

https://www.son.co.za/Nuus/Kaapsenuus/kyk-vrou-helder-oordag-beroof-20190221

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.